Jy kyk na » Tuisblad » Aankondiginge » Aankondiginge

Aankondiginge

Valleisig Eredienste

Sondag 29 Augustus 2010
Oggenddiens  08:30 en 10:00

Prediker:  Ds Christo van Rooyen
Tema:  Idols

18:30 Polsslag
Teologiese Student
Gerhard Green
Tema: Hoe beheer ek my woede?

Eredienstye 5 September
08:00, 10:00 en 18:30

Nuwe Lidmate: Baie hartlik welkom by Valleisig gemeente.  Phillip & Willa Strydom sal jou Sondae na die eredienste by die boekwinkel ontmoet.  Skryf vir ons jou besonderhede in die lêer neer.  Neem ‘n Inligtingsboekie (”Wie Wat Waar”) en voltooi die Nuwe-intrekkervorm in die boekie.

Vir ons Senior Lidmate:

Dienssentrum:  Elke Maandag 09:00 by Valleisig gemeente in die Buitesaal.  Almal is baie welkom.

Senior Bybelstudie:  Woensdae om 09:00.  Ds. Piet Marais lei die Bybelstudie

**********************

Gebed:

Voorbidding: Elize du Toit, Beau du Plessis, Chrissie Hamman, Johan Keyser, Rita King, Olga Ligthelm, Stef Marais, Peet & Salomie Loubser, Tokkie Retief, Abel Steyn, Neta Toerien, Delena van der Merwe, Hennie van der Merwe, Estelle van Jaarsveld en Henry van Rooyen.
Oorlede: Sannie Jerling se suster.  Innige meegevoel aan haar.

Gebedskamer:  Gebruik die gebedskamer in die ou kantore, waar jy stil en alleen in gebed kan verkeer.

Pastorale Bediening: Wil jy graag met iemand oor ‘n probleem gesels.  Skakel vir Cecilia  by 082-375-6716.

Bid saam met ‘n leraar: Elke Sondag gedurende die skoolkwartale  om  09:20 – 09:40 in die ou kantore in die kerk.

**********************

Bybelstudies:

Bybelstudie vir die Manne: Vroeë Bybelstudie elke Maandag om 05:30 by die kerk.  Kom skakel gerus by die groep in.  Navrae:  Johan Greeff 083-412-6977.

Vraagteken Gespreksgroep: Elke Woensdag om 10:00 in die konsistorie.  Enigeen is welkom.

Omgeegroep vir jong werkendes: Belangstellendes kan vir Melanie Mayer 072-127-9339, (mel.melans@gmail.com) of Rudi Joubert 083-717-4099, (hprjoubert@gmail.com) skakel.

Omgeegroep vir Senior mans: Belangstellendes kan vir Pieter Blanché skakel by 083-230-6250.

Omgeegroep vir enkellopendes van ongeveer 40 jaar.  Kontak vir Marie-Louise Bakker 083-453-4384/marielouise_bakker@yahoo.com of marielouiseb@plantech.co.za. <marielouiseb@plantech.co.za>

**********************

Nood en Uitreikprojekte:

Nood in ons gemeente: Indien enige-een van u hulp verlang, maak nie saak  watter vorm  nie, skakel Fanie Steyn by die kerkkantoor.

Projek Arende: Die getal Bybels wat versprei is staan op 32230.  Navrae:  Elsie van Tonder 082-879-4645/ elsie@phakama.co.za. SMS “Bible” na 39005 om R15 by te dra vir projek Arend Bybelverspreiding.

Tawwe tye trollie: Nie-bederfbare kruideniersware asook skoonmaakmiddels kan vir ons gebring word.

Klere: Goeie gebruikte klere kan in die houtkiste in die portaal geplaas word.

Borde kos: Dankie vir al die borde kos wat ons elke week ontvang.  Ons moet weekliks 120 borde kos voorsien.  Help ons asseblief!

Koester ‘n kind projek: Help ‘n minderbevoorregte kind deur u kleingeld in die glasbottel op die toonbank te gooi.  Wil jy help om fondse in te samel, skakel Sinthea de Kock vir ‘n kollekteblikkie by 012-991-1700/082-801-9669.

‘n Liefde Spens vir Valleisig
‘n Voorstel is ontvang om vir lidmate wat bejaard is, siek of moeilike omstandighede het, tuisgekookte etes teen ‘n minimale fooi te voorsien.  Skenkings van groente ens. sal vir lidmate gevra word, asook donasies van plaaslike winkels ten einde hierdie liefdesdiens te befonds.  Graag ontvang ons u insette op die voorstel.  Skakel vir Fanie by 991-1542 of Judy 083-325-2102 of epos na kantoor@valleisig.org.za.

**********************

Algemeen en administrasie:

Nuwe Intrekkers: Ons heet jul almal baie welkom by Valleisig en hoop dat julle gou tuis gaan voel.  Gaan maak ‘n draai agter in die saal by ons boekwinkel, waar jy vir jou koffie/tee kan skink en ook jou naam, van en telefoonnommer in die lêer op die toonbank kan skryf.  Neem ook asb. vir jou ‘n “Wie  Wat  Waar” boekie, voltooi die inligting op die middelblad in die boekie en gooi vir ons in die gleuf op die toonbank in die voorportaal. Sodra ons dit ontvang, vra ons jou/jul attestaat/e aan.  Phillip en Willa Strydom is daar by die boekwinkel om jou by te staan en te help met enige vrae, of net ‘n geselsie.

Rolstoelparkering: Lidmate wat nie gestremd is nie, word versoek om asseblief nie die rolstoelparkering te gebruik nie.

Boekwinkel:  Goeie opbouende boeke vir die jeug en tieners.  Denim Bybels en oulike boeke vir kleuters en peuters.  Nuwe Top verkoper boeke nou in die boekwinkel wat handel oor:  verhoudings, huwelik en dagstukkieboeke.  Baie goeie Lofprysing Cd’s vir almal!  Dvd’s:  Hoe  om jou verhouding met God te versterk!  Te koop of te huur.  Die boekwinkel benodig ook tweedehandse boeke.
Bestellings/afhaal van CD’s of DVD’s van preke word in die boekwinkel gedoen
Mag die hele gemeente in 2010 die seëninge van God op hul lewens ervaar.

Doop 3 Oktober:  Indien jul graag jul baba op 3 Oktober wil doop—is die volgende belangrik.  Op die toonbank  in die kerk (ook op ons webblad) is daar ‘n doopbeleidvorm wat jul moet neem.  Registreer asb. 1 maand voor die tyd by die kerkkantoor.  Die Doopseminaar is verpligtend en moet op
2 September
om 19:00 by die kerk deur albei ouers bygewoon word.  (Reël asb. toesig vir jul kind/ers.)  Die Doopseminaar vir November doopgeleentheid vind op 7 Oktober om 19:00 plaas.

Waarmee kan jy help?

Kleretrommel: U kan goeie gebruikte klere in die houtkiste in die portaal plaas.

CFM-KOOKSPAN:  Brenda en haar kookspan is elke Dinsdag hard aan die voorberei vir kos vir minderbevoorregtes.  Enige een wat wil help, skakel asb. vir Brenda 083-667-1991.

Lokaalbesprekings: Enige gemeente aktiwiteite of vergaderings (buiten funksies) wat by die Gemeentesentrum gehou word, moet geskeduleer word vir Maandae met die voorbehoud dat die getal lidmate wat dit bywoon meer as agt is.  Lokaal besprekings moet steeds by die Sentrumbestuurder gedoen word.

V A L L E I P A R T E I  -  28  A U G U S T U S  2 0 1 0 … Kom en geniet die dag!!!

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Aankondiginge digg:Aankondiginge spurl:Aankondiginge simpy:Aankondiginge blinklist:Aankondiginge furl:Aankondiginge reddit:Aankondiginge fark:Aankondiginge blogmarks:Aankondiginge Y!:Aankondiginge smarking:Aankondiginge magnolia:Aankondiginge




Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap