Alles Omtrent Ons
ALLES OOR ONS:
Valleisiggemeente is geleë in Faerie Glen, Pretoria.
Ons leuse is ’n Veilige Tuiste.
In alles wat ons doen binne ons gemeente, meet ons dit aan ons leuse – om Valleisig ‘n veilige tuiste te maak vir al die mense wat saamwerk en ‘n hawe in ons gemeente vind. Valleisig probeer waarlik om die atmosfeer van ‘n Christelike gesin te skep soos ‘n veilige tuiste.
Valleisig is deel van die NG kerk en een van die prominente lede van die Noord-Transvaal Sinode.
Met ons webwerf valleisig.org.za poog ons daadwerklik om ‘n bydrae te maak in die verspreiding van inligting in ons gemeente. Deur ons webwerf versoek ons aktiewe bydrae en kommentaar en betrek ons, ons gemeente in die lewe van Valleisig.
Ons is trots op Valleisiggemeente en die werk wat gedoen word om die naam van Christus te verkonding. Ons glo in die bevordering van die samekoms en samewerking van Christene in ons gemeente.