Tuisblad » Adverteer Op Ons Webwerf

Adverteer Op Ons Webwerf

Adverteer Jou Besigheid Vandag Op Valleisig se Webwerf

Jy kan jou besigheid aan mede-Christene adverteer op ons webwerf, en sodoende help om ons webwerfonkoste te befonds.

Ons hou noukeurige statistiek van wat op Valleisig se webwerf gebeur asook presies wat met ons advertensies gebeur.

Augustus 2007

Die statistiek vir Augustus 2007 wys dat ons 650 unieke besoekers deur die maand gehad het. Vir die mense wat meer tegnies aangelê is, ons het 7,100 ‘page-hits’ gehad.

Ons statistiek wys ook dat die deur-kliek persentasie vir Septembermaand ‘n baie hoë 41.7% is.

Advertensie formaat

Ons aanvaar die volgende advertensies:

  • Baniere 468X60 in gif of jpg formaat
  • Baniere 180X150 in gif of jpg formaat
  • Teks advertensies van twee kort sinne en kontak-besonderhede
  • Baniere vanaf jou eie webwerf, in dieselfde formaat as hierbo genoem.

Natuurlik wil ons net advertensies plaas wat pas by die beeld van Valleisig Gemeente.

Voorbeelde

‘n Banier van 468X60 is ‘n prentjie wat so lyk:

boekwinkel.jpg

‘n Teksadvertensie sal so lyk:

Versterk jouself deur Valleisig se boekwinkel te ondersteun.

Ons boekwinkel hou net uitgesoekte boeke aan. Kliek hier om van die boeke te sien, of skakel (012) 991-1542 vandag.

Koste

Die advertensiekoste beloop R100 per maand vir enige twee advertensies in die formaat hierbo genoem.

Dit beteken as die advertensies begin loop op 3 November, stop die advertensies outomaties op 2 Desember.

Hoe om ‘n advertensie te plaas

Eerste stap:

Ontwerp twee advertensies, soos in die formate hierbo. Stuur die twee advertensies per epos aan Magdel, by kantoor@valleisig.org.za, tesame met al jou kontak besonderhede.

Hou in gedagte dat elke advertensie ge-kliek kan word. Verkieslik wil jy die persoon wat op jou advertensie kliek, na jou eie webwerf stuur. Indien jy ‘n webwerf het, stuur die webadres waarna die kliek moet gaan, saam.

Ongelukkig het ons nie by ons kantoor die grafiese hulpmiddele om prentjie advertensies te maak nie. Indien jy wel ‘n prentjie-advertensie wil laat maak, sal ons jou graag verwys na iemand wat ons advertensies maak.

Tweede stap:

Maak ‘n betaling aan Valleisig Gemeente. Die besonderhede is:
Naam: NG Valleisig
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Rekening nommer: 1630 170 741
Verwysing nommer: Lidmaatskapnommer + beskrywing (bv. 1111 Advertensie)

Heléne is die finansiële kontakpersoon (012) 991-1542.

Wat Verder Gebeur:

Magdel en Heléne sit amper langs mekaar. Sodra die betaling gemaak is, sal Heléne vir Magdel laat weet om die advertensies te skeduleer. Sodra dit gebeur, sal jy ‘n epos ontvang wat jou om jou in kennis te stel.

Sodra die advertensies begin loop, ontvang jy elke 7 dae ‘n outomatiese epos van die stelsel wat jou op hoogte hou met die statistiek van jou betrokke advertensies.

Wat Nog:

Jy kan ter enige tyd vir Magdel, Heléne of Fanie skakel vir navrae of hulp met jou advertensies by (012) 991-1542.

Hou tog in gedagte dat ons beeld van Valleisig vir ons baie naby aan die hart lê. Daarom behou ons die reg voor om ‘n ongepaste advertensie enige tyd te stop, en die adverteerder rekening te kanselleer sonder enige terugbetaling van fondse.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Adverteer Op Ons Webwerf digg:Adverteer Op Ons Webwerf spurl:Adverteer Op Ons Webwerf simpy:Adverteer Op Ons Webwerf blinklist:Adverteer Op Ons Webwerf furl:Adverteer Op Ons Webwerf reddit:Adverteer Op Ons Webwerf fark:Adverteer Op Ons Webwerf blogmarks:Adverteer Op Ons Webwerf Y!:Adverteer Op Ons Webwerf smarking:Adverteer Op Ons Webwerf magnolia:Adverteer Op Ons Webwerf



Category for post not found



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap