Tuisblad » Adverteer Op Ons Webwerf » Egipte en Israel Toer

Egipte en Israel Toer


Kom toer saam met Ds Fanie Steyn

Egipte, ISRAEL & Jordanië

Vertrekdatum: Dinsdag - 18 Maart 2008 Terug op 29 Maart

Vir nadere besonderhede, kontak Fanie Steyn
Posbus 102693, Moreletta Plaza 0167
Tel: (012)997-5003 / 082 441 1500 / fsteyn@mailbox.co.za

Toeroperateur Stargate International Internasionale Groeptoer Operateurs
Posbus 1151, O.R.Tambo Internasionale Lughawe 1627 Tel: 011 918 -7567 / 011 918-7612
Faks: 011 918-7632 / 086 634 3775 e-pos: stargate@netactive.co.za

INGESLUIT BY DIE TOERPRYS

  • Ekonomiese klas retoervlugte met Egyptair vanaf Johannesburg
  • Lughawe/hotel retoer oorplasings
  • Etes soos per program: (O)- Ontbyt (M)-Middagete (A)-Aandete
  • 10 Nagte akkommodasie in toeristeklas hotelle
  • Engelssprekende toergidse
  • Luukse Busvervoer
  • Besigtigingstoere en ingangsfooie soos per program
  • Uitgebreide reisversekering
  • Lughawebelasting en Brandstofheffing
  • Fooitjies aan toergidse, busbestuurders, hotelpersoneel en portiere
  • Visumkostes deur ons kantoor

NIE INGESLUIT

  • Enkelkamer (Opsioneel) R3 480
  • Stargate oornagtas opsioneel R120
  • Arava grensbelasting US$30

Kom Beleef Die Avontuur Van Jou Lewe…

Egipte - Israel - Jordanië. REISPLAN

(O)-Ontbyt (M)-Middagete (A)-Aandete (*)-Ete aan boord die vliegtuig

DAG 1: Dinsdag, 18 Maart

JOHANNESBURG - KAÏRO
Ontmoet mekaar om 18:30 by die Egyptair toonbank in die Internasionale vertreksaal van die Johannesburg Internasionale Lughawe. Vertrek om 21:45 na Egipte. Oornag aan BOORD (A*)

DAG 2: Woensdag, 19 Maart

KAÏRO
Arriveer vroegoggend in Kaïro waar u toerbus gereed staan. Kaïro is die grootste stad in Afrika, en vandag word ons deel van hierdie malende mensemassa van meer as 20 miljoen inwoners. Ons besoek die drie belangrikste piramides nl. Cheops, Kephron en Mykorinos. Daarna besoek ons die Sfinks en die Tempelvallei. Die papirus en parfuum-instituut is op die program voordat ons besoek bring aan die Egiptiese Museum waar waardevolle skatte te sien is. Ingang na die kamer van die mummies is opsioneel. U het geleentheid om in die gewilde Khan-El-Khalili bazaar rond te snuffel. Ons word na die hotel oorgeplaas. Aandete word op die oewer van die Nyl bedien. Oornag KAÏRO (O*)(A)

DAG 3: Donderdag, 20 Maart

KAÏRO - TEL AVIV - CAESAREA - MEGIDDO - KARMEL - TIBERIAS
Vroegoggend oorplasing na die lughawe vir die Air Sinai vlug wat na Israel vertrek. Stryk op die Ben Gurion Lughawe neer waar ons toergids wag. Vertrek vanoggend per luukse toerbus na Caesarea waar ons die oorblyfsels van ‘n kruisvaardervesting en die gerestoureerde Romeinse amfiteater besigtig. Caesarea is in die 13de jaar voor Christus deur Herodus die Grote gebou, en dit was ook die tuisdorp van Pontius Pilatus, Filippus en Cornelius (Hand.8:40). Reis verder na Megiddo en geniet ‘n pragtige uitsig oor die vlakte van Armageddon waar die finale slag volgens die Skrif in die laaste dae sal plaasvind. Die opgrawings toon 120 nedersettings opmekaar waarvan die oudste uit ongeveer 4000v.C dateer. Josua het die stad ingeneem (Jos.12:7,21) en gedurende die regering van Salomo was Megiddo een van die stede wat met strydwaens versterk was (1Kon.9:15, 10:26) Reis verder na die berg Karmel waar Elia die Baälpriesters om die lewe gebring het (1Kon.18:40). Daar is ‘n Karmeliete-klooster en ‘n standbeeld van Elia op die terrein. Ons bestemming is die Caesar hotel vir aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)

DAG 4: Vrydag, 21 Maart

GALILEA OMGEWING - TIBERIAS
Ontbyt word in u hotel bedien. Onderneem ‘n bootvaart op die See van Galilea met geleentheid vir ‘n kort oordenking. Bring besoek aan die Boot-museum waar u die sogenaamde “Jesus Boot” besigtig. Reis verder na die Berg van Saligsprekinge waar die bergpredikasie gelewer is. Besoek die Kerk van Saligsprekinge en Tabgha, waar die brood en vis vermeerder is. ‘n Entjie verder noord is die Mensa Christi kerk waar Jesus aan die dissipels verskyn het en hulle saam geëet het (Joh 21:1). Sien die uitgrawings van Petrus se huis en die bouvalle van ‘n Sinagoge uit die Tweede eeu by Kapernaum. Besoek Banias - een van die drie oorspronge van die Jordaanrivier.Ry oor die Golan Hoogland terug na ons hotel. Aandete en oornag in TIBERIAS (O)(A)

DAG 5: Saterdag, 22 Maart

KANA - NASARET - JERUSALEM
Bring vanoggend besoek aan die tradisionele doopplek by Yardenit in die Jordaanrivier. Reis verder oor Kana waar Jesus se eerste wonderwerk plaasgevind het toe Hy die water in wyn verander het (Joh 2:1-11). Bring besoek aan Nasaret met die Kerk van aankondiging, Maria se put en Josef se grot. Dit is hier waar Jesus grootgeword het en waar Hy sowat 30 jaar gewoon het. Doen aan by Beth Shean waar die lyke van Saul en sy seuns teen die stadsmuur vasgespyker was (1 Sam. 31:10) Vertrek dan na Jerusalem. Op die roete besoek ons Jerigo, die oudste bekende stad ter wêreld. Hierdie stad is deur Josua vernietig toe die Israeliete in opdrag van God, 7 maal om die stad geloop het en sy mure ineengestort het. ‘n Kabelspoor neem ons na die Berg van Versoeking met ‘n indrukwekkende uitsig oor die Jordaanvallei en die berg Nebo. Reis verder na Jerusalem, die stad van vrede soos daarna reeds vroeg in die Bybel verwys word. Vertoef by die “Good Samaritan Inn”. Oorplasing na die hotel vir aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

DAG 6: Sondag, 23 Maart

JERUSALEM
Ons toer begin by die Olyfberg of Olivet vanwaar u ‘n pragtige uitsig oor die Ou Stad en die tempelterrein het. Hier van die Olyfberg af het Jesus sy dissipels gestuur om die donkie te gaan haal waarop Hy Jerusalem sou binnery. Besoek die Tuin van Getsemane waar Jesus gebid het (Luk 22:39-44). Judas het Jesus hier verraai en na Kajafas geneem om aangekla en verhoor te word. Die “Kerk van alle Nasies” is in hierdie tuin geleë waar verskeie Olyfbome vandag steeds groei. Onderneem ‘n toer van via Dolorosa. Ons besoek ook die Bad van Bethesda en die kerk van St Anne. Stap na die vesting van Antonio, waar Jesus verhoor is en die plaveisel waar Hy sy kruis opgeneem het. Ons volg die 14 stasies van die Via Dolorosa wat begin by Pilatus se verhoorsaal en eindig by die tradisionele Golgotha en die heilige graf in die “Holy Sepulchre”. Ons vertrek na Betlehem, die geboorteplek van Christus. Vertoef in Betanië by die graf wat as die van Lasarus aangedui word dit is hier waar Lasarus uit die dood opgewek is (Joh. 11:1-4). Sien die herdersvelde waar Jesus se geboorte aangekondig is (Luk. 2:8-15). Bring dan besoek aan die geboortekerk wat beskou word as die oudste ter wêreld - gebou oor die grot wat aangedui word as die plek waar Jesus gebore is. U het geleentheid om aandenkings te koop by ‘n groot Curio-winkel waar olyfhout-produkte baie gewild is. Keer terug na die hotel vir aandete en oornag in JERUSALEM (O)(A)

DAG 7: Maandag, 24 Maart

JERUSALEM
Bring besoek aan die huis van Kajafas die hoëpriester, bekend as Petrus in Galicantu. Dit was hier waar Petrus die Here drie maal verloën het (Matt 26:57, 27:2) Gallicantu beteken “die kraai van die hoenderhaan”. Ons volgende besoek is die “Bo-vertrek” waar die Laaste Avondmaal genuttig is. U word na die Ou Stad van Jerusalem geneem vir ‘n besoek aan die klaagmuur, die allerheiligste plek vir die Jode. Vertrek dan na die Nuwe Stad van Jerusalem waar u die Yad Vashem gedenkmuseum besoek wat opgerig is ter nagedagtenis aan die 6 miljoen Jode wat hul lewens tydens die Tweede wêreldoorlog verloor het. Ons sluit die besoek aan Jerusalem af met die hoogtepunt van die Tuingraf waar u op ‘n toer van die terrein geneem word. Een van die personeel van die Christen ambassade sal aan u verduidelik waarom hierdie plek die waarskynlike graf van Jesus is. Geniet ‘n pragtige uitsig oor Golgota wat ook bekend staan as Gordon’s Calvary. Nagmaal word by die tuingraf bedien. Keer terug na u hotel vir aandete. Oornag in JERUSALEM (O)(A)

DAG 8: Dinsdag, 25 Maart

QUMRAN - MASSADA - DOOIE SEE
Vertrek na ontbyt en reis na die bouvalle van Qumran. Dit is hier waar die Dooie See boekrolle in 1947 deur ‘n jong skaapwater ontdek is. Reis verder na die bergvesting Massada, en u word per kabelspoor na die kruin geneem. Besigtig die bouvalle van die eens luukse paleis van koning Herodus en geniet die lieflike uitsig oor die Woestyn van Judea en die Dooie See. Hier het die tragiese verhaal van Eleazer Ben Yair en sy 959 Joodse volgelinge, wat eerder massa-selfmoord gepleeg het as om hulle in die Romeinse besetters oor te gee, afgespeel het. Bring dan besoek aan die Dooie See, die laagste plek op aarde, waar u geleentheid het om letterlik “op” die water van die see te dryf. Aandete en oornag by die Novotel by die DOOIE SEE (O)(A)

DAG 9: Woensdag, 26 Maart

DOOIE SEE - EILAT
Vertrek vanoggend na ontbyt en reis na die suidpunt van Israel. Ons bestemming is Eilat - gewilde vakansiestad op die oewer van die Rooi See geleë. Op pad besoek ons die “Tabernakel in die Wildernis” wat in die Timna Nasionale Park geleë is. U het die middag tot u beskikking om Eilat op u eie te geniet en te ontspan. Daar is geleentheid om besoek te bring aan die gewilde “onderwater observatorium”. Snorkel in die helder water van die Rooi See is ook ‘n goeie keuse. Aandete en oornag by die hotel in EILAT (O)(A)

DAG 10: Donderdag, 27 Maart

EILAT - ARAVA - PETRA
Oorplasing na die Arava grenspos waar u die grens na Jordanië oorsteek. Vertrek na die “verlore” stad van Petra. Petra is sowat 250km Suid van Amman geleë. Die stad is uitgekap uit rooi granite en was feitlik onbereikbaar in die outyd. Die vermoede is dat Jes. 49:16-17 en Obadja vers 4, na Petra verwys. Hierdie pragtige stad was vir baie eeue onbekend vir die wêreld tot dit in 1812 ontdek is. Ons onderneem ‘n uitgebreide toer van Petra voordat u aandete by die Golden Tulip hotel geniet. Oornag in PETRA (O)(A)

DAG 11: Vrydag, 28 Maart

PETRA - NEBO - AMMAN - KAÏRO
Vertrek vanoggend na ontbyt en reis Noordwaarts na die berg Nebo. Besoek die kapel op die kruin van die Pisga-berg. Hierdie is die plek, Oos van die Jordaan en binne sig van Jerigo, vanwaar Moses die beloofde land gesien het. Hier het die Here vir Moses begrawe voordat die Israeliete die beloofde land binnegegaan het (Deut. 32:48-52; 34:1-8). Ons toer word op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n besoek aan die kapel op die berg en ‘n afskeidsete in Amman voordat ons na die lughawe van Amman geneem word. Ons vlug vertrek om 20:30 na Kaïro waar ons net na middernag aansluit by die terugvlug na Suid Afrika. Oornag aan boord die VLIEGTUIG (O)(M)

DAG 12: Saterdag, 29 Maart

JOHANNESBURG
Arriveer na ontbyt om 09:30 op die Johannesburg Internasionale Lughawe. Eendag maak ons weer so! (O*)

Kontak Fanie Steyn vandag nog op (012)997-5003 of 082-441-1500.fsteyn@mailbox.co.za



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap