Tuisblad » Algemeen » Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks

Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks

Broers en Susters

Terwyl ‘n paar van ons gisternag agterop ‘n bakkie in die omgewing van Krugerpark en Schubartpark op soek was na hawelose en/of gehawende mense het die maan gelyk asof iemand ‘n reuse hap daaruit gevat het. Dit het my onwillekeurig laat dink aan die reuse hap wat uit die lewens van duisende mense gevat is toe kwaadstokers hulle huis, Krugerpark, aan die brand gesteek het en gesorg het dat hulle in die loop van ‘n uur die status van “haweloos” ontvang het. Vir indiwidue soos Cyril Nkansi was dit veel erger. Vir hom het hierdie dag ook die verskrikking ingehou dat hy moes toekyk hoe sy broer 23 vloere tot sy dood val.

Twee maande gelede het PEN ‘n ope brief aan u gestuur met die waarskuwing dat ‘n tragedie op hande is by die Schubartpark-Krugerpark- kompleks. Die gebeure van 22 Julie 2008 het ongelukkig getoon dat al ons pleidooie aan Housing Company Tshwane en die Burgermeester om iets te doen aan die lewensomstandighede van die mense wat hier moet bly op dowe ore geval het. In plaas daarvan om met rolspelers soos die inwonerskomitee, kerke en PEN te sit en ‘n sagte plan van aksie te beraam en alles in hulle vermoë te doen om hulle verpligtinge teenoor die inwoners na te kom, is besluit om “van bo af” op ‘n harde wyse op te tree. Hierdie optrede was in die vorm van ‘n uitsetting van ‘n aantal inwoners op ‘n tydstip dat só iets vermy moes gewees het. Sekere van hierdie uitsettings was boonop onwettig of was op onwettige wyse gedoen. Gevolglik het die hof ‘n interdik teen die uitsettings goedgekeur. Dit het egter te laat gekom om die gemoedere te kalmeer en die tragedie by Krugerpark was die resultaat.

Alhoewel ons en andere se pleidooie dus geen reslutate by ons stadsowerhede gehad nie, het ons PEN-ondersteuners egter op wonderlike wyses op ons Ope Brief gereageer. Nie alleen het mense begin om ons fonds vir Schubartpark te ondersteun nie, maar verskeie mense het ook hulle professionele dienste beskikbaar gestel. ‘n Ingeneur het byvoorbeeld begin onderhandel met die stadsraad rondom die brandgevaar by hierdie geboue. ‘n Raadslid het sy hulp aangebied om die verhaal van Schubartpark-Krugerpark by die raad te beveg. Van oral oor het mense hulle hulp aangebied. Iemand het selfs ‘n motorvoertuig geskenk vir die projek. Kerke het ook wonderlik gereageer. Die Schubartparkfonds groei en ons kan rapporteer dat ons weekliks kospakkies, ander voedsel en hulpmiddelle kan versprei. Ons het ook van vloer tot vloer gegaan om weerlose gesinne en individue op te spoor wat nie op die amptelike Stadsraad se lys is nie. Die uitdaging is oorweldigend, maar met u hulp en gebedsondersteuning glo ons, kan ons ‘n verskil maak

Tans is die situasie verskriklik. Ongeveer 2000 mense is haweloos gelaat deur Dinsdag se tragedie en die kanse dat hulle weer in hulle woonstelle kan terugtrek blyk nie ‘n uitgemaakte saak te wees nie. Wat ons weet is dat hierdie mense ten minste vir die volgende week huisvesting, komberse, warm klere, kos en toiletware nodig het. Ons het met die Stadsraad ooreengekom dat ons tot tyd en wyl 100 mense by ons kan huisves en versorg en dat ons kan dien as ‘n afsetgebied vir komberse, warm klere, kos, ens. Hoe lank ons dit sal moet volhou, weet ons nie

Ons sê dus voorlopig baie dankie vir al u ondersteuning! Ons vra ook dat u nie moet ophou met u ondersteuning nie. Die stryd hiér het sopas begin en ons het u hande nodig om ons hande sterk te maak. Alreeds het indiwidue en kerke wonderlik gereageer en was daar sedert die tragedie ‘n konstante stroom van mense wat hulle hulp kom aanbied het. Ons bid dat dit sal voortgaan solank as wat nodig is. Bid saam met ons!

Julle broers en suster in die middestad

Hoe jy kan help:

• Bied jouself of jou groep se hulp aan: Skakel Anita by 012 323 6688
• Ons benodig kos (droog, vars en geprosesseerd), komberse en baba- benodigdhede
• Bid vir ons!

Geld vir ons Hulp-fonds
PEN Bankbesonderhede:
ABSA Bosman straat
Tak kode: 632005
Rek nr: 020 263 385
Verw: Schubartpark

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks digg:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks spurl:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks simpy:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks blinklist:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks furl:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks reddit:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks fark:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks blogmarks:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks Y!:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks smarking:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks magnolia:Brief van Pen Aksie rakende Schubartpark-Krugerpark-kompleks



Category for post not found

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap