Pitkos Ook Buite Ons Landsgrense Gelees
Ek is seker dat baie lidmate, soos ek, onbewus daarvan is dat Pitkos ook buite die landsgrense versprei word. ‘n Gemeentelid wat tans op kontrak in Holland hokkie afrig, vertel tydens ‘n onlangse besoek aan my dat sy nie kan wag dat die Pitkos by haar daar in Holland opdaag nie. Dit is haar enigste kontak met die gemeente en gee vir haar die gevoel dat sy nog deel van Valleisig is.
Die Kerkkantoor bevestig dat daar meer mense is wat weekliks Pitkos ontvang. Dink in u gebede aan ons broers en susters wat vanuit die buiteland na ons verlang.
Stuur vir ons epos-adresse van lidmate wat in die Buiteland woon en wat graag die Pitkos sou wou ontvang na kantoor@valleisig.org.za
Jan L. Opperman – KOMMUNIKASIEBEDIENING
Category for post not found












