As ons die beginsels van Christen-wees moet saamvat kan ‘n mens dit opsom in twee woorde:
Omgee en Uitreik
Dit gaan oor omgee en uitreik na die “medemens” in nood wat verteenwoordig word deur individue, groepe en gemeenskappe wat nie oor die vermoë beskik om na hulle self om te sien en/of nog nie onder die besef van God se groot genade gekom het nie en/ of al ‘n kind van die Here was, maar wat sedertdien afgedwaal het!
Ek is Bertus Viljoen, leier van die aksie groep vir diens van barmhartigheid in die gemeente van Valleisig en ek wil u vriendelik uitnooi om deel te raak van ons span. Ons vergader slegs 3 keer per jaar en dit hou nooit langer as ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half nie - ons weet jou tyd is kosbaar en in elk geval is dit baie meer produktief in die oesland van ons Heer as in ‘n vergader lokaal!
Ons gaan probeer om hierdie deel van Valleisig se webtuiste gereeld op te dateer en die bedoeling is om dit lewendig te hou met twee rigting kommunikasie - u insette, idees en voorstelle is dus van uiterste belang. My epos adres is: bertusjv@mweb.co.za
Die projekte van die aksie groep Diens van Barmhartigheid (DvB) kan soos volg ingedeel word:
Ondersteuning van CWR (Christelike Welsynsraad) projekte.
Die Christelike Welsynsraad identifiseer jaarliks ‘n aantal verdienstelike gevalle waar die nood hoog is en die plaaslike CMR nie instaat is om ‘n bydrae te maak nie. Tans volhou ons eie aksie met die projekte waarby ons aanvanklik betrokke geraak het, maar is dit die gedagte om nie ons betrokkenheid met hierdie projekte uit te brei nie.
Kinderhuise en skole
‘n Bedrag word jaarliks bewillig om aandag te gee aan die mees noodsaaklike behoeftes van kinderhuise. ‘n Projekleier is aangewys vir elke spesifieke kinderhuis en die bedoeling is om persoonlike kontak te bewerkstellig sodat die betrokke koshuis vader en/of moeder die vrymoedigheid sal neem om met DvB te skakel in tye van ‘n krisis. Verder het ons ook ‘n projekleier wat omsien na die uitdeel van toebroodjies by die Jopie Fourie laerskool een dag per week.
Silverton
Projek Silwer kom nou reeds ‘n geruime tyd saam met ons en ons is aktief betrokke met die verskaffing van ou klere en die borde gevriesde kos. Die klere en gevriesde borde kos word waar moontlik verkoop teen ‘n minimale bedrag en die opbrengs word dan weer verder aangewend vir die behoeftiges in die gebied. Deur een van die CWR projekte is ons ook aktief betrokke met werkskeppings projekte.
Ouetehuise en tehuise vir gestremdes.
‘n Kontant bydrae word maandeliks gemaak aan die Bejaardesorg in die middestad en ons is aktief betrokke by die Paul Jung Nickel tehuis. ‘n Projekleier is ook hier betrokke om persoonlike kontak te bewerkstellig.
Verdienstelike gevalle/ instansies
Kontant bydraes word op ‘n deurlopende basis gemaak aan verdienstelike sake soos byvoorbeel die Zimbabwe noodfonds, Instituut vir dowes in Wellington, ens.
CMR (Christelik Maatskaplike Raad)
Dit is hier waar Diens van Barmhartigheid se grootste uitdaging vandag lê en waar ons daadwerklik in die geloof ‘n groot klemverskuiwing gaan nodig hê!
Oor die CMR gaan ons baie gesels - Hou hierdie ruimte dop!
Ons gaan binnekort elke projek in detail bespreek en daar sal fotos en dankie sê briewe geplaas word - dit sal ons help om ook ‘n gesig te plaas teenoor u finansiële bydraes waarsonder die werk van diens van barmhartigheid nie moontlik sou wees nie!
Hieronder is die name en kontak nommers van ons span - maar ai tog as ons net ‘n naam teenoor die vakante projekleiers kan plaas sal dit nog beter lyk. Het die Here nie miskien al vir jou al gevra om betrokke te raak nie?
Abraham Kriel-Nylstroom Susan (991-5935n/u)
Jakaranda Kinderhuis- (Vakant)
CMR-Faerie Glen-Sinthea(991-1700)
Huis Ebenhaeser&Jopie Fourie L/S-Elize(807-5867)
Louis Botha Kinderhuis - Hester (991-4432)
Kosmos Kinderhawe-Adri(991-1372)
Klub Naomi(Seniors)-Rita(361-6558)
Paul Jungnickel-Adam(991-2794)
Silverprojek-Jacquiline(991-6523)
Winteromgee-Linda(991-0785)
Kinderbarmhartigheid-(Vakant)
Valhalla gemeente - (Vakant)
Voorsitter: Bertus Viljoen-(082-457-2946)
DVB groete tot ‘n volgende keer!