Nuus oor Franse Sending
Ds Johan en Rita Bloemhof is feitlik 25 jaar sendelinge in Frankryk. Hulle was die nasionale direkteure van die kinder-evangelisasie beweging vir 18 jaar nadat hulle in twee gemeentes, in Grenoble en Montpellier, gedien het. Tans is hulle die Koördineerder’s vir die onbereikbare streke vir C.E.F Frankryk. Ons dank die Here wat Suid-Afrikaanse gemeentes oproep om deel te wees van ‘n opwindende “HANDEVAT GEBEDS PROJEK*” (meer inligtigting hieronder). Die Bloemhof’s het vier kinders waarvan twee reeds getroud is. Johan en Rita woon in een van die suidelike voorstede van Parys. Drie van hulle kinders is in Frankryk gebore
So ‘n bietjie interessante geskiedenis oor die Franse gebied wat ook indirek SA raak: Vandag is die Baske een van die hardste sendingvelde van Frankryk. Daar is ongeveer 100,000 Franse en 4 miljoen Spanjaarde wat Bask praat. In die verlede het God beskik dat die Baske Navaarse koning, Hendrik III, ook koning van die Franse in 1589 geword het. Hy word toe die bekende Koning Hendrik IV wat die Franse Hugenote baie goedgesind was. In sy hart was hy self ‘n Protestant gewees. Op die 13e April 1598 het hy die Edik van Nantes uitgevaardig wat vir die Protestante godsdiensvryheid gegee het. Later het hy gesterf deur ‘n sluipmoord aanval in ‘n straatjie in Parys. Dié bepaalde plek waar hy vermoor is is vandag nog te sien. In 1685 is die Edik van Nantes opgehef en het ‘n grootskaalse vervolging uitgebreek teen ons gelowige Franse voorsate. Drie jaar later het die eerste Hugenote in Suid-Afrika voet aan die wal gesit.
Die Baske gebied in die Suide van Frankryk, soos die res van Frankryk, het in dié tyd toegemaak vir die Evangelie Boodskap van regverdigmaking deur genade en geloof in Jesus Christus. Vandag nog probeer baie Franse nog steeds om hulle saligheid op verskillende wyses verdien. Bv deur as pelgrims die lange weg van Jakobus deur Frankryk na Compostelle wat in Spanje geleë is, te stap.
In Julie maand gaan ‘n klompie Suid-Afrikaners DV ‘n verskil kom maak in baie duisende mense se lewens in dié gebied die Groot Opdrag van Jesus-Christus uit te voer en die Goeie Nuus onder hulle versprei. ‘n Spesiale Sending uitreik word in die Baske gebied geloods. Twee ander uitreike na Frankryk, na Normandie(Mei) en die Centre (September) word ook in 2008 gehou.
Gebruik hierdie 30 Dae gebedsgids en bid asb. vir hierdie uitreike.
Dag 1- Loof God vir die uitdra van Sy Evangelie; fokus op Jesus as Intersessor! Joh.1 7:20;
Laat Sy Gees jou leer hoe om vir die redding van ander in te tree. Hy is getrou! Rom. 8:26
Dag 2- Loof God vir die Bybel; bid teen alle twyfel oor die gesag daarvan as enigste, volledige en onfeilbare Woord van God; bid vir ‘n kragtige werk van die Heilige Gees. Heb. 4:12
Dag 3- Glo in God se liefde vir jou en elke ongelowige en Sy redding in Christus. Joh. 3:16
Dag 4- Luister na jou Vader se stem; bid dat baie God as hulle Vader in Christus sal leer
ken, en vir geloof om Hom as hulle persoonlike Verlosser aan te neem. Joh. 1:12
Dag 5- Ontledig jou voor God en word vervul deur die Heilige Gees, om te kan volhard in gebed; getuig van die Koningskap van Jesus en die liefde van God deur Hom. Ef. 5:18-20
Dag 6- Bid dat die span hulle eenheid en krag as getuies in die Here sal vind. Ef. 6:10.
Dag 7- Bid dat elke spanlid elke dag God se wapenrusting in die geloof sal aantrek, omdat die vyand hulle sal wil uitskakel en kragteloos maak as getuies in Sy diens. Ef. 6:11-13
Dag 8- Bid dat die Heilige Gees die gees van humanisme (mens word goed gebore) kragtig
sal teëwerk en mense van hulle verlorenheid sonder Christus sal oortuig. Rom. 3:10-24.
Dag 9- Bid vandag vir die Christene in die streek, dat hulle getrou sal wees in hulle omgang met God en Sy Woord, en dat hulle ook deur die uitreik-aksie bemoedig sal word. Ef. 6:14
Dag 10- Bid dat die Waarheid van God se Woord mense sal aanspreek, spesifiek ook
Katolieke, wat geleer word dat die pouslike uitsprake aan die Bybel gelyk is. Joh. 17:17
Dag 11- Dank God vir die span; bid vir elkeen se persoonlike verhouding tot God. 2Kor. 13:5
Dag 12- Bid dat God elke spanlid gewillig en vreugdevol in Sy diens sal maak. Rom.
10:14,15
Dag 13- Dank God vir die gawe van geloof; dat Hy dit uit genade aan elkeen sal skenk wat
Sy Woord in hierdie tyd ontvang; dat elke bidder sal glo wat hy/sy vra. Ef. 2:8; Jak.4:1 -3
Dag 14- Loof God vir Sy Gees wat ons diepste gedagtes ken en dat die bloed van Jesus Christus ons reinig van elke sonde; bid dat ons as span en bidders Fil. 4:8 sal toepas!
Dag 15- Loof God vir die swaard van die Gees; bid dat elke soldaat vir Jesus sy wapen sal
ken en tot Sy eer sal kan gebruik; bid vir die geestelike toerusting van die span. Ps. 78:1-8
Dag 16- Loof God vir die gawe van gebed in die Naam en gesag van Jesus; bid dat Hy aan ons ‘n ware gees van spontane, volhardende en oorwinnende gebed sal skenk. Ef. 6:18-20
Dag 17- Loof God vir elke wedergeborene in Frankryk; bid dat hulle sal groei in Sy liefde,
geloof en hoop; dat hulle getuienis deur woorde en dade baie vir Jesus sal wen.Sag.8:23
Dag 18- Bid vir elke prediker, Bybeldosent en Sondagskoolonderwyser, dat hulle Geesvervulde en goed voorbereide verkondigers van God se Woord sal wees. 1 Kor. 2:4.
Dag 19- Loof God dat Hy kinders in Sy reddingsplan insluit en deur hulle ook hul ouers kan
bereik; bid dat Sy Gees die Saad sal seen en hulle tot geloof in Jesus sal bring. Mat.18:14
Dag 20- Bid dat hierdie uitreike tot ‘n groeiende en Godverheerlikende gebedsbeweging sal lei, wat ook na die tyd sal voortgaan; vir volharding deur die krag van die Gees! Sag. 4:6-10
Dag 21- Dank God vir die Handevat Projek wat Hy begin het en vir elke gemeente wat reeds‘n onbereikte Franse streek gekies het; vir getroue, geseënde gebedsendelinge.
1 Tim.2:1 -7
Dag 22- Bid vir kinders wat in geestelike onkunde grootword, dat duisende van hulle met hierdie uitreike bereik sal word en tot kennis van God se liefde vir hulle sal kom.
Mat. 11:25
Dag 23- Bid vir nuwe kinderwerkers wat werklik deur God Self voorberei, geroep en
uitgestuur is. Sonder een wat die Woord bring, kan hulle nie hoor en glo nie! Rom.10:9-15
Dag 24- Bid vir die redding van kinders, tieners en jongmense, die kerk van more!
Mat. 18:3
Dag 25- Bid vir die jongmense wat reeds in Jesus glo, dat hulle geestelik sal groei en Gees¬vervulde jong leiers sal word, wat ander kan inspireer om ook vir Jesus te volg.
1 Tim. 4:12
Dag 26- Bid vir ware eenheid in die span en onder die kinderwerkers as geheel, omdat
onenigheid ‘n direkte opening vir die vyand gee en die beeld van Christus verdof.
Joh. 17:21
Dag 27- Bid vir ware vryheid, wat Christus van bindinge kan gee. Joh. 8:34-36
Dag 28- Dank God dat Hy almal ewe liefhet; bid dat Sy liefde almal sal bereik. 1Joh. 4:19
Dag 29- Bid vir ware broederskap, ware liefde en vergifnis onder Christene. 1 Joh. 3:1
Dag 30- Bid dat elke geredde persoon gereed sal wees om Hom te ontmoet. Hd. 1:7,8
Category for post not found












