Tuisblad » Boekwinkel » Mans, Boekwinkel » default » Die Ongetemde Hart

Die Ongetemde Hart

Die Ongetemde Hart

Aanbeveel deur Ds Deon v d Berg

Die ongetemde hart is sonder twyfel die belangrikste boek vir Christenmans wat die afgelope dekade verskyn het. Sedert die verskyning van Wild at Heart in 2002, is daar al meer as ‘n miljoen afskrifte verkoop.
John Eldredge hou ‘n totaal nuwe benadering tot manwees voor. Hy skryf nie ideale gedragspatrone vir Christenmans voor nie, maar nooi hulle op ‘n verkenningstog om hul Godgegewe, ongetemde aard te ontdek. Hy identifiseer drie kernbegeertes wat diep in elke man se hart geplant is: ‘n stryd om te stry, ‘n avontuur om te beleef en ‘n skoonheid om te red. Eldredge beskou die redes waarom mans nie in voeling is met hierdie begeertes nie, en sĂȘ hoe hulle dit kan terugvind en dit kan uitleef tot voordeel van hulleself en hul verhoudings.
Die ongetemde hart slaan die persepsie die nek in dat Christenmans vaal mannetjies is wat net in hul spoor moet trap en weinig anders doen. Dit is ‘n uitnodiging om God se ongetemde aard hul eie te maak en ware manlikheid te ontdek.



Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R115.00
(Currently out of online stock)

Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Die Ongetemde Hart digg:Die Ongetemde Hart spurl:Die Ongetemde Hart simpy:Die Ongetemde Hart blinklist:Die Ongetemde Hart furl:Die Ongetemde Hart reddit:Die Ongetemde Hart fark:Die Ongetemde Hart blogmarks:Die Ongetemde Hart Y!:Die Ongetemde Hart smarking:Die Ongetemde Hart magnolia:Die Ongetemde Hart



Category for post not found


Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap