Jou beste lewe nou
Jou beste lewe nou

Baie mense gaan deur die lewe met ‘n swak selfbeeld, negatiwiteit en minderwaardigheidsgevoelens. Ander weer sien geluk as iets wat’eendag’ met hulle sal gebeur. Waarlik gelukkige, vervulde mense is dié wat geleer het hoe om hul beste lewe nou reeds te leef. Hoe breek jy deur hierdie negatiewe denkpatroon sodat jy jou volle potensiaal kan uitleef? Die antwoord lê in ‘n nuwe manier van dink oor jou lewe. Deur die volgende sewe stappe te neem, kan jy die eerste tree op die pad na ‘n besondere toekoms gee:
o Verbreed jou visie
o Ontwikkel ‘n gesonde selfbeeld
o Ontdek die krag van jou woorde en denke
o Maak jou los van die verlede
o Groei deur swaarkry
o Leef om te gee
o Kies om gelukkig te wees
Joel Osteen se unieke insig en bemoediging sal lesers help om die struikelblokke op hul pad te oorkom, hul Godgegewe doel en potensiaal te besef en te begin om hul beste lewe nou reeds te leef.
Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R127.00
Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.
Category for post not found
Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.












