Tuisblad » Boekwinkel » Vroue, Boekwinkel » default » ‘n Vrou se Wandel met God

‘n Vrou se Wandel met God

‘n Vrou se Wandel met God

Aanbeveel deur Ds Deon v d Berg

In elke mens se hart is daar ‘n begeerte om nader aan God te kom, om Hom beter te leer ken. Die kerkvader Augustinus skryf: God het ons vir Homself gemaak, en ons hart is rusteloos totdat dit rus vind in Hom. Die mens se heel grootste persoonlike behoefte is om God met ons hele hart en siel en al ons kragte lief te hê.

In ‘n Vrou se wandel met God word stap vir stap verduidelik wie God is en hoe lief Hy jou het en daar word praktiese riglyne gegee hoedat jy dag vir dag nader aan God kan kom en Hom beter kan leer ken. Elke hoofstuk word afgesluit met ‘n kort Bybelstudie wat die kernboodskap van die hoofstuk beklemtoon.

Die doel van hierdie boek is om jou te help om jou verhouding met God te verinnig, sodat jy Hom nog liewer kan kry en dat jy indringend met sy Woord besig sal raak en meer tyd op jou knieë sal deurbring. Dan sal dit makliker wees om Hom absoluut te vertrou op elke terrein van jou lewe en sy Gees toe te laat om jou hele lewe te beheer. Dan sal jy ook leer om sy wil en gebooie te gehoorsaam en gewillig wees om op Hom te wag vir leiding.



Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R85.00
(Currently out of online stock)

Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:'n Vrou se Wandel met God digg:'n Vrou se Wandel met God spurl:'n Vrou se Wandel met God simpy:'n Vrou se Wandel met God blinklist:'n Vrou se Wandel met God furl:'n Vrou se Wandel met God reddit:'n Vrou se Wandel met God fark:'n Vrou se Wandel met God blogmarks:'n Vrou se Wandel met God Y!:'n Vrou se Wandel met God smarking:'n Vrou se Wandel met God magnolia:'n Vrou se Wandel met God



Category for post not found


Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap