Net vir Vroue
Net vir Vroue

Wat gaan aan in mans se gedagtes? Dit is die vraag wat menige vrou van jongs af vra.
Na deeglike navorsing deur ondersoeke en persoonlike onderhoude ontbloot Shaunti Feldhahn in Net vir vroue mans se gedagtewêreld aan vroue. Sy fokus op veral sewe aspekte waarvan baie vroue waarskynlik nie bewus is nie. Dinge wat mans wil hê vroue moet weet, maar nie weet hoe om dit vir hulle te sê nie. Dinge wat, as hulle dit besef, vir vroue ‘n beter begrip vir die mans in hulle lewe sal gee. Hierdie boek is vol nuwe insigte.
Die Skrifgebaseerde insigte in Net vir vroue sal vroue nie net help om die mans in hulle lewe beter te verstaan nie, maar ook om hulle te ondersteun en lief te hê op ‘n manier wat hulle nodig het.
Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R95.00
Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.
Category for post not found
Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.












