Tuisblad » Boekwinkel » Huwelik, Boekwinkel » default » Vier seisoene van die huwelik

Vier seisoene van die huwelik

Vier seisoene van die huwelik

Net soos die natuur elke jaar deur vier vasgestelde seisoene beweeg, beweeg elke huwelik ook deur vier verskillende seisoene. Hierdie seisoene word egter nie deur ‘n kalender bepaal nie, maar deur die emosionele klimaat en toestand van die verhouding.
In Vier seisoene van die huwelik fokus Gary Chapman op die feit dat huwelike voortdurend in ‘n oorgangstadium is, van die winter van mismoedigheid tot die lente vol hoop en afwagting. Die doel van hierdie boek is om die herhalende seisoene van die huwelik te beskryf. Dit sal lesers help om te identifiseer in watter seisoen hulle huwelik tans is en dit gee raad oor hoe om uit die kouer seisoene te beweeg na warmer weer. Die tweede helfte van die boek bevat sewe strategieĆ« wat egpare stap vir stap wys hoe om die meeste voordeel uit elke seisoen te trek.
Die seisoene van die huwelik kom en gaan, maar elkeen het die potensiaal vir emosionele gesondheid, geluk en groei. Die sleutel is dat egpare die nodige vaardighede moet ontwikkel om in al die seisoene die kwaliteit van die huwelik te verhoog. Hierdie boek wys hulle hoe.



Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R104.00
(Currently out of online stock)

Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Vier seisoene van die huwelik digg:Vier seisoene van die huwelik spurl:Vier seisoene van die huwelik simpy:Vier seisoene van die huwelik blinklist:Vier seisoene van die huwelik furl:Vier seisoene van die huwelik reddit:Vier seisoene van die huwelik fark:Vier seisoene van die huwelik blogmarks:Vier seisoene van die huwelik Y!:Vier seisoene van die huwelik smarking:Vier seisoene van die huwelik magnolia:Vier seisoene van die huwelik



Category for post not found


Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap