Vyf tale van die liefde
Vyf tale van die liefde

Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Tydskrifte publiseer artikels oor hoe om die liefde in die huwelik lewend te hou. Daar is talle boeke oor die onderwerp beskikbaar, en TV en radio saai dikwels programme daaroor uit. Om die liefde in ons huwelik lewend te hou is ‘n baie ernstige saak. Soms gebeur dit tog dat ons begin voel die liefde het verflou of selfs verdwyn. Doktor Gary Chapman het tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ‘n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Hierdie boek bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook die van sy maat te identifiseer. Kom ontdek hoe om jou liefde op die regte manier te kommunikeer en die romanse sal van nuuts af in jou huwelik blom.
Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is:
Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.
Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.












