Waar is God As ek Hom nodig het?
Waar is God As ek Hom nodig het?

Daar is soveel dinge in hierdie lewe waaroor ons wonder. Ons wonder oor God, oor ons lewe, oor egskeiding, kinders, finansies en krisisse. As gelowiges weet ons die Bybel het al die antwoorde, maar ons weet dikwels nie waar om te begin soek nie.
In Waar is God as ek Hom nodig het? bespreek Nina Smit 101 vrae wat deur ‘n paneel vroue opgestel is. Daar is sewe kategorieĆ«, naamlik godsdiens, selfbeeld, huwelik, kinders, verhoudings, krisistye en aktuele onderwerpe. Van die vrae wat aangeroer word, is:
Hoekom gebeur slegte dinge met goeie mense?
Hoekom kry ek dit nie reg om gewig te verloor nie?
Is daar ‘n suksesresep vir superma’s?
Is hartseer God se wil?
Is depressie sonde?
Vanuit ‘n Bybelse perspektief gee Nina Smit antwoorde op hierdie en baie ander vrae. Dis ‘n boek vol insig, wysheid en bemoediging vir elke vrou wat soms wonder oor die lewe en sy dinge.
Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R95.00
Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.
Category for post not found
Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.












