Wat elke man in ‘n vrou wil hê
Wat elke man in ‘n vrou wil hê

Mans en vroue verskil, en hierdie verskille is nêrens duideliker en veroorsaak meer konflik as in ‘n huwelik nie.
John en Diana Hagee het uitgebreide navorsing gedoen, en vanuit hulle jare lange ondervinding in berading het hierdie leraarspaar Wat elke man in ‘n vrou wil hê / Wat elke vrou in ‘n man wil hê geskryf.
In hierdie unieke 2 in 1-boek kry mans en vroue insig in die denke en behoeftes van die teenoorgestelde geslag. Op humoristiese maar reguit wyse bespreek die skrywers sekere huweliksprobleme en slaggate en gee Bybelsgebaseerde oplossings.
Wat elke man in ‘n vrou wil hê / Wat elke vrou in ‘n man wil hê sal egpare toerus om hul huweliksmaat in ‘n nuwe lig te sien, en opnuut liefde, vervulling en vreugde in hul huwelik te ervaar.
Die pryse wissel soos wat nuwe aangekope gedoen word by ons groothandelaar. Die spesifieke prys is in ons boekwinkel beskikbaar. 'n Aanduiding van die prys is: R105.00
Druk hierdie bladsy en bring die nodige fondse om die aankoop Sondag na die erediens te doen. Alternatiewelik kan u 'n lysie van boeke maak deur die 'Add to Cart' knoppie te druk en daarna die 'Inkopie Mandjie' skakel heel bo aan die bladsy te kliek. Hier kan u 'n lysie van al die boeke druk.
Category for post not found
Indien u reeds hierdie boek gelees het, nooi ons u vriendelik uit om kommentaar op die boek hieronder te lewer.












