Tuisblad » Doop Vereistes » Doop Vereistes - Aflaai

Doop Vereistes - Aflaai

As jou kinders of enige iemand anders gedoop wil word, kan die nodige dokumente hier aflaai word. Nadat hierdie dokumente voltooi is, moet jy die kantoor kontak om verdere reelings te tref.


Sommige van ons dokumente is in PDF formaat. Om hierdie dokumente te lees, het jy die gratis Adobe Acrobate Reader nodig.

Kliek hier
om dit gratis af te laai, en die leser dan op jou rekenaar te installeer.(Let op: As jy hierbo kliek sal dit in ‘n NUWE bladsy oopmaak, so jy sal nie jou plek hier verloor nie)

Instruksies om af te laai:

Doen ‘n regter muis kliek op die skakels hieronder wat die dokument name is en in blou verskyn. Sodar jy met die muis regter kliek (op die skakel) sal daar ‘n venstertjie verskyn soos hier regs vertoon
word.

(MAC gebruikers kliek net op die skakel en hou die muis se knoppie ingedruk)

Op Internet Explorer kies “Save Target As…” en laai die lêer af na jou rekenaar (In Netscape kies asseblief “Save Link As..)

Doen dieselfde vir elke dokument wat jy wil aflaai.

Sodra jy gekies het “Save Target As…” of “Save Link As..” sal die aflaai venstertjie verskyn wat jou sal vra waar om die dokument te stoor. Maak tog ‘n noukeurige aantekening van waar jy kies om die dokument te bêre.

Stoor tog die dokumente op jou Desktop of in ‘n ander lêer wat jy maklik weer kan vind. Nadat jy die dokumente afgelaai het, gaan na jou Desktop of die lêer waar jy dit gebêre het en dubbel-kliek op die dokumentnaam om dit oop te maak. Die rekenaar sal self Adobe Acrobat Reader oopmaak om die leer te vertoon (of MS Word as dit die geval is).


Aflaai tyd: Ons dokumente is almal ongeveer 80KB in grootte - dit sal ongeveer 1 tot 2 minute aflaai met ‘n gewone 56K modem konneksie.

As jy klaar die dokumente afgelaai het, kan jy ook jou Adobe Acrobat Reader oopmaak en dan kliek “file” en “open”.

 

As jy enige probleme het om die dokumente af laai…
Moenie paniekerig raak nie!!

Stuur vir ons ʼn nota deur hier te kliek
en ons sal graag help.



Dokumente Om Af Te Laai

“REGS” Muis-kliek - soos hierbo verduidelik

Doopbeleidsinlighting ==> Doopbeleidinligtingsblad.doc

Registrasievorm ==> Doopregistrasievorm.doc

Doopregistrasievorm ==> Doopregistrasievorm.pdf




Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap