Jy kyk na » Tuisblad » Kleingroepe Bybelstudiemateriaal » BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11)

BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11)

1. Ontmoet God

Gebruik die gebed van Ps 51 om saam stil te word voor die Here.

2. Vertel jou storie

Vertel van ‘n oomblik waar jy veroordeel gevoel het en ervaar het dat Jesus jou vryspreek. Vertel ook hoe jy Jesus se aanvaarding en vergifnis beleef het.

3. Bybelstudie

Laat iemand Johannes 8:1-11 rustig voorlees. Sit met jou oë toe en leef jou in die verhaal in. Verbeel jou jy is die vrou wat owerspel gepleeg het.

3.1 Beskryf jou emosies wanneer jy besef dat almal klippe optel en dreig om jou dood te gooi?

3.2 Hoor Jesus se woorde. Hoe laat dit jou voel? Wat leer ons van God vanuit Jesus se optrede? Wat leer ons van onsself as mens?

3.3 Jesus hanteer ons elkeen soos wat Hy hierdie vrou hanteer het. Hoe beïnvloed dit die manier waarop jy leef?

3.4 Watter invloed het dit op die manier wat jy ander mense, wat jy dink verkeerd gedoen het, hanteer?

3.5 Het jy al oor iemand se lewenswandel geoordeel? Wat dink jy is die rol van die kerk in hierdie verband?

4. Reik uit

Jesus het ‘n hand van liefde uitgereik na die vrou in Joh 8. Hy het haar nie verwerp nie, maar liefgehad. Neem ‘n besluit om as volgelinge van Jesus spesifiek uit te reik na ‘n groep in die samelewing wat deur mense veroordeel word en uitgestoot word.

5. Afsluiting

Sê vir die Here dankie dat Hy anders na ons kyk. Dank Hom dat Hy met oë van liefde en vergifnis na ons kyk. Bid dat Hy ons sal help om sy genade uit te leef.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) digg:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) spurl:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) simpy:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) blinklist:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) furl:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) reddit:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) fark:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) blogmarks:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) Y!:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) smarking:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11) magnolia:BYBELSTUDIE 31 AUGUSTUS TOT 6 SEPTEMBER 2008 (JOHANNES 8:1-11)


Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap