Jy kyk na » Tuisblad » Kleingroepe Bybelstudiemateriaal » Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007

Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007

Tema: Kersvreugde

Wegspringvraag

Vertel eers vir mekaar wat maak Kersfees besonders en vertel van die mooiste Kersfees in jou lewe.

Lees nou Joh 7: 10-30

• Wat was die probleem met die herkenning van Christus? Sy afkoms was tog “uit goeie bloed” aangesien hy uit die geslag van Dawid was. Was dit dalk dat sy pa ‘n Timmerman was?

• Waaraan het die Jode so vasgehou? (vers 23). Was dit dalk die rede hoekom hulle hom nie herken het nie?

• As die wêreld Kersfees vier, ( dink aan die winkels) herken hulle Christus? Help hulle nie dalk om op ‘n onbewustelike manier tog iets van Christus daar te stel nie? Party Christene wil alle kersversierings verban, sal dit nie ‘n baie eentonig vaal Kersfees wees nie, sal dit dalk ‘n meer Christelike Kersfees wees?

• Wat gaan jy hierdie jaar doen om Kersfees vir jou en jou familie besonders te maak?

• As daar meer wondertekens gebeur, sal mense dan glo dat dit Jesus is? Moet ons nie die wondertekens doen nie? (onthou vir sommige mense is ‘n bord kos ‘n wonderwerk.)

Lekker kuier, onthou dit is die laaste Bybelstudie vir die jaar. Dankie vir julle huise wat jul beskikbaar gestel het.

Baie Geseënde Kersfees en ons sien opgewonde uit na ‘n nuwe jaar saam met julle.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 digg:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 spurl:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 simpy:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 blinklist:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 furl:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 reddit:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 fark:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 blogmarks:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 Y!:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 smarking:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007 magnolia:Bybelstudie vir Kleingroepe 25 November - 1 Desember 2007


Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap