Jy kyk na » Tuisblad » Kleingroepe Bybelstudiemateriaal » Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007

Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007

WEGSPRINGVRAAG

Wat is die hoofdoel van die kerk op aarde? Elkeen kan sê wat hy dink.

In watter mate voldoen ons aan die doel? Lees Ef. 4:12-16

Wat glo jy van die heilige, algemene, Christelike kerk?
Ef. 5:26; Joh. 10:11; Hand. 20:28 & Ef. 4:11-13.

BYBELSTUDIE

Die Nederlandse Geloofsbelydenis sê die kerk (Artikel 27) is ’n heilige vergadering van gelowiges wat gewas is deur die bloed van Christus.

Vraag: In watter mate “besit” ’n Kerkraad, Dominee’s, ‘n gemeente? Wie is die eienaars?

Vraag: Word alle lidmate wat nou deel is van ’n gemeente gered?

Vraag: Ons glo aan ’n Heilige, Algemene Christelike kerk. Ons bely dit elke Sondag. Die woord “’n” sê dat daar net een kerk is. Hoe dan nou?
Hoekom is daar so baie kerke, so baie Afrikaanse kerke? Wie is nou reg en wie is verkeerd? Wat van die ou Sending kerke wat ontstaan het a.g.v. die arbeid van ons kerk?

Vraag: Die Heidelbergse Kategismus sê die kerk is heilig – Is die kerk nie vol tekortkominge nie?
Die woord “heilige” beteken afgesonder eenkant gesit, toegewy aan die Here. Het ons dan nie te veel onheilige dinge in die kerk nie? - Dink aan eredienste!

Lekker kuier en gesels.

GEBEDSAKE

Bid vir ons gemeente dat ons, ons roeping sal nakom.
• Bid vir die kerk in ons land, dat dit ‘n verskil sal maak.
• Bid vir elke lidmaat, sommige worstel, ander het seer.

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 digg:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 spurl:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 simpy:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 blinklist:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 furl:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 reddit:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 fark:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 blogmarks:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 Y!:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 smarking:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007 magnolia:Bybelstudie vir Kleingroepe 28 Okt - 3 Nov 2007


Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap