Jy kyk na » Tuisblad » Kleingroepe Bybelstudiemateriaal » BYBELSTUDIE VIR KLEINGROEPE 5 - 11 OKTOBER

BYBELSTUDIE VIR KLEINGROEPE 5 - 11 OKTOBER

BESPREEK

a. Geestelike groei beteken dat ek hopelik na 5 jaar van my reis met God ook anders sal glo as wat ek tans glo. Dat my geloof ook getoets en beproef is (2 Kor 13:5) en dat ek meer ingestem is om deur God gebruik te word (Rom 6:13). Twyfel noop my om te herbesin en dinge te ondersoek. Twyfel is soos pyn. Dit vertel ons dat iets verkeerd is. Dit vra na ons onverdeelde aandag.

b. Ongelukkig kan twyfel ook lei tot geestelike sabotasie wanneer ons dit ignoreer of oppervlakkig besweer. Om my geloof te betwyfel is nie dieselfde as om God te betwyfel nie. Geloof maak ook deel uit van my eie konstruksies en paradigmas en moet daarom betwyfel word. Om my geloof te betwyfel kan ‘n wonderlike geleentheid word om my geloof in God te laat groei.

VRAE:

  • Op watter manier het die “woord van die Here” tot Abram gekom? Vergelyk dit met Gen. 12:1, 12:7, and 13:14.
  • Hoe kan vrees met geloof inmeng?
  • Bespreek in die lig van bg. vrae waarom God vir Abram gerusstel met die woorde: “Ek beskerm jou” (letterlik: Ek is vir jou ‘n skild.)
  • Lees Matt. 28:20 en Rom. 8:35-39. Wat beleef jy van God as jy die verse lees?
  • Kyk of julle kan onthou op hoeveel ander plekke die Here vir ander Bybelfigure vra: “Moenie bang wees nie.” Wat beteken dit vir jou?
  • In vers 2 en 3 reageer Abram anders as wat mens verwag van iemand wat pas al die versekering in die wêreld gekry het. Reageer jy ook soms so ten spyte van al die troos van geloof wat jy kan kry?
  • Hoe reageer God op Abram se twyfel? Verwyt hy hom? Bestraf hy hom? Vervloek hy hom?
  • Wat is in vers 6 die resultaat van God se geduld met Abram?
  • Wat doen God in reaksie op Abram se geloofsverklaring?
  • Wat behoort ek te doen wanneer ek in ‘n geestelike wroeging verval?
  • Hoe kan ek verhoed om op my eie insig te steun?
  • Wanneer twyfel ek teen God? Wanneer twyfel ek met God?

GEBED

Here, vandag voel ek weer minder seker as gister. Wat sal tog van my word? Ek word so maklik ontstel deur klein verliese. Ek werk so hard vir so min geld, en tog gee ek so bitter min aandag aan my verhouding met U wat my skatryk sou kon maak. Ek gee soveel aandag aan onbelangrike dinge dat ek feitlik heeltemal vergeet wat regtig belangrik is. Ek raak die pad saam met U skoon byster wanneer ek so verstrengel raak in aardse belange. Ag Here, help my om tot my sinne te kom. Sit my voete weer terug op die pad na U toe. (Thomas À Kempis)

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap