BYBELSTUDIE VIR KLEINGROEPE WEEK 17 - 24 AUGUSTUS
VALLEISIG, ‘N VRIENDELIKE TUISTE
“Jy is Deel is van ‘n Tuin vol Kosmos”
Wegspringvraag
Vertel van ‘n keer toe ander gelowiges vir jou iets beteken het.
1. Lees Lukas 6:12 – 19
Hoekom dink julle het Jesus juis hierdie mense gekies as dissipels? Watter verhale ken jy oor hul sterkpunte – en swakpunte?
2. Lees Matt 22:37 – 40 en Joh 13:34 – 35.
Op watter manier het Jesus Sy liefde vir sy dissipels gewys? Hoe wys ons ons liefde vir mekaar in die gemeente? En vir mense buite die kerk?
3. Jesus het Sy liefde vir ‘n uiteenlopende groep mense gewys: onsedelikes, fariseërs, bedelaars, kinders, verstotelinge. Die vroeë kerk is ook deur hierdie liefde gekenmerk, in so ‘n mate dat geskiedskrywers uit daardie tyd daaroor skryf. Sal hedendaagse geskiedskrywers of joernaliste oor die kerk (Valleisig) se liefde kan skryf?
4. Ons is almal verskillend. Party mense hou van verandering, ander hou niks van nuwe dinge nie, party mense hou van struktuur en orde, ander is meer vry daarvan, party mense is teruggetrokke en ander is meer joviaal. Kan hierdie verskille help dat ‘n gesin of ‘n gemeente beter funksioneer? Hoe?
5. Gesels met mekaar oor die volgende opmerkings:
• “’n Gemeente moet juis ‘n veilige ruimte wees waar ek die vrymoedigheid het om myself te wees en ‘n beter en gelukkiger mens te word.” Hoe kan ons dit regkry?
• “Mense wat buite die kerk staan, ervaar die kerk dikwels as baie veroordelend.” Wat is jou kommentaar?
Category for post not found












