BYBELSTUDIE VIR KLEINGROEPE WEEK 16 – 22 NOVEMBER
PELGRIMS VAN HOOP
WEGSPRINGVRAAG
Wat maak dat ʼn mens in krisis oorleef. Ek weet jy wil nou ʼn godsdienstige antwoord gee en jy is reg, maar dink vir ʼn oomblik aan ʼn kanker pasiënt wat met ʼn nuwe middel behandel word. Wat sal hom laat aanhou ten spyte van nagevolge van die middel?
Lees nou Rom 5 1-11
Waarom beskaam die hoop nie volgens Rom 5? Wat is dus die basis van die Hoop?
Sonder hoop versmoor ʼn mens en veral vir ʼn Christen is hoop een van die boustene van geloof. Daarom is daar ʼn verskil tussen “hoop”, gewone wense en HOOP ʼn Christelike verskynsel. Volgens Rom 5:5 Wat is die Basis van die hoop waarvan Paulus praat?
Leef Christene soos mense met hoop? Waarom is dit juis die kerkmense wat so uitsigloos leef?
Lees nou Rom 8: 36 – 37 Waarin lê die oorwinning vir Christene?
Christoph Blumhart het die volgende geskryf:
Dink aan die verwagtinge wat jy as kind van God ontvang het, dra dit uit in die breë ruimer kring van jou volk, in die duistere heiden wêreld. Dra dit uit in die oorloë van die mense in die moord en bloedvergieting wat so hewig is, dat die bloed by die stange van die perde kom, dra dit uit en hoop, ja hoop, want dit is wat die wêreld aan mekaar hou. Dra dit uit.
Is hoop nie dalk die afskeep deel van die bekeringsboodskap nie?












