BYBELSTUDIE WEEK 3 - 9 AUGUSTUS 2008
TEMA: KAN MENSE REGTIG VERANDER?
Wegspringvraag
Hoekom stroom 71 000 mense na Loftus om na Angus Buchan te luister?
Wat hoor hulle wat hulle nie al vantevore gehoor het nie?
Lees nou Luk. 9:51-55
1. Dink jy mense het tydens die saamtrek verander? Voel hulle oor ‘n maand of twee dieselfde?
2. Wat laat mense verander? Is daar ‘n verskil tussen bekering en verandering?
3. Waarom verander die kerk dan so stadig? Is ons regtig besig om die Koninkryk te bou? Bou ons nie dalk net kerk nie?
4. Het Jakobus, Johannes en Petrus honderde kilometers agter Jesus aangeloop, sonder om regtig sy volgelinge te word? Hulle het dalk met eie agenda agter Jesus aangeloop.
5. Onthou, verandering kom nie uit iets buite jou of uit iets wat ander mense aan jou doen nie, maar juis omgekeerd. Verandering kom uit jou eie hart en dit wat jy aan ander mense doen.
6. As Jesus in ons tyd op straat verskyn het, sou ons hom herken het of geglo het? Hoe kry ‘n mens dit reg om te glo?
Category for post not found












