KLEINGROEPBYEENKOMS 22 JUNIE – 28 JUNIE 2008
(Vanaand se byeenkoms is ’n gebedsbyeenkoms eerder as ’n Bybelstudie. Daarom dan ’n paar riglyne waarvoor om te bid t.o.v. van vreemdelinge)
Sag 7:9-10So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek ’n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in jul hart teenoor mekaar bedink nie.
Die Bybel is duidelik dat ons vreemdelinge onder ons moet liefhê.
Tans beleef ons ongekende geweld teen immigrante en vlugtelinge van ander lande in Suid-Afrika.’n Beroep word op alle gemeentes gedoen om besondere aandag te gee aan gebed rakende hierdie aangeleentheid. Die volgende dien as gebedsriglyne:
- Doen belydenis van vooroordele teenoor vreemdelinge;
- Bid vir vlugtelinge in Suid-Afrika;
- Bid teen moedswillige misdade;
- Bid dat die Here mense se gewelddadige optrede sal vergewe;
- Bid teen armoede, vir werkskepping en sekuriteit;- Bid vir medemenslikheid en die Gees van Christus;- Bid dat die kerk onbeskaamd haar getuienis sal lewer;
- Bid vir lande vanwaar vlugtelinge kom, vir stabiliteit en uitkoms;
- Bid vir ons regering, vir verantwoordbare wetgewing en beleid rakende vlugtelinge;
- Bid vir die veiligheid van wetstoepassers en beskermingsdienste;
- Bid vir God se liefde in die harte en lewens van alle mense. Tekste waarin die saak van vreemdelinge aan die orde kom, is:
Ex 22:21; Lev 19:33-34; Eseg 47:21-22; Num 15:15-16; Deut 1:16; Deut 26:12-13; Deut 27:19; Eseg 22:6-7, 22; Jer 7:5-7; Mat 25:34-46












