Bybelstudie vir Kleingroepe 9 - 14 Maart 2008
LAAT U MAALTYD KOM…
WEGSPRINGGEDAGTE
As iemand jou onverwags vra om te verduidelik wat die Koninkryk van God is, hoe sal jy dit antwoord. (Probeer gerus wegbly van die “regte” antwoorde af en gee jou eerlike eie mening.)
BYBELSTUDIE
(Lees Lukas 14:1,7-14)
1. Wat is die aanleiding tot die gelykenis wat Jesus vertel? Kom sulke gedrag vandag nog voor?
2. Hoe het Christus vir ons die pad na verhoging kom wys?
3. Hoekom kan ‘n mens gelukkig wees as jy goed doen aan mense wat jou nie kan vergoed nie?
4. Sou jy dalk jou siening oor die Koninkryk ’n bietjie kon verander na aanleiding van hierdie teks?
GEBED
•Bid dat die kerk God se Koninkryk sal laat bly kom hier op aarde deur ander mense sonder vooroordeel te verwelkom.
IETS OM BY DIE HUIS TE DOEN
• Verwelkom hierdie week iemand vir wie jy gewoonlik op ’n afstand hou, in jou lewe. Jy kan dit op enige manier doen: Koffie, ete, vriendelike geselsie, ’n takie wat die wêreld vir so persoon makliker maak, ’n guns. Enigiets, dit moet net persoonlik wees en dit mag nie in geldvorm wees nie. Gaan gee jou menswees.












