Jy kyk na » Tuisblad » Nuwe Intrekkers

Nuwe Intrekkers

Phillip en Willa Strydom is twee wonderlike lidmate van Valleisig wat getrou elke Sondag ons Nuwe-intrekkers welkom heet. Gaan gesels gerus op ‘n Sondag met hulle agter in die kerk by die boekwinkel. Hulle sal graag help om vir jou in te skakel by al die aktiwiteite van Valleisig.

In Valleisig Gemeente gee ons gestalte aan die Nuwe Testamentiese beeld oor gemeente wees. Dit beteken dat elke lidmaat volgens sy of haar besondere gawe medeverantwoordelik is vir die effektiewe uitvoering van die taak van die kerk in die breë en andersyds, dat gemeentelede mekaar se lief en leed moet deel, van daar die sterk klem op Kleingroepverdeling in die makrogemeente opset waarin ons onself bevind.

Aard en Ligging van die gemeente

Die gemeente het op 29 Oktober 1989 afgestig van die gemeente Faerie Glen en sy eie gemeentesentrum op 23 April 1994 ingebruik geneem.

Vir die padkaart om by Valleisig NG Gemeente in Faerie Glen uit te kom, kliek hier.

Kenmerke van gemeentelede

In die nakoming van hulle gelofte aan die Here en in die uitvoering van hulle gemeentelike doelwitte, weerspieël gemeentelede die volgende optrede:

  • Om te leef vanuit die genade van die Drie Enige God.
  • Om te groei tot geestelike volwassenheid.
  • Om ruimte te vind in die aanwending van hulle persoonlike gawes.
  • Om by ‘n gespaste kleingroep in te skakel.
  • Om dankbare rentmeesterskap te beoefen.

Pastorale Verantwoordelikheid

Die Pastoralebediening lê klem op die inskakeling van alle lidmate met spesiale klem op die volgende:

  • Inskakeling by kleingroepe
  • Die dringende hantering van geestelike en emosionele nood.
  • Krisisbediening ontvang voorkeur.
  • Senior lidmate word deurlopend besoek. Ander word op uitnodiging besoek.
  • Siekebesoeke geniet prioriteit.

Bedieningsaksies en Inskakeling

U word uitgenooi om by een of meer van die volgende gemeente aksies in te skakel.

  • Diens van Barmhartigheid
  • Gebed
  • Jeug en Omgeegroepleier
  • Manne
  • Vroue
  • Nuwe Lidmate
  • Uitreik
  • Senior Lidmate
  • Gasvryheid
  • Musiek en Kunste
  • Finansies
  • Teetroos (Begrafnis)
  • Teebedieninge
  • Eiendomme

U Eie Lidmaatbesonderhede?

Die vorms

U kan die lidmaatbesonderhede vorms aflaai, dit voltooi en aan ons faks of by die kantoor kom aflewer en sommer ons ontmoet ook.

Alternatiewelik kan u die vorms voltooi en dit aan ons faks by (012) 991-7595.

Kliek hier om die vorms af te laai.

Elektroniese vorm

U kan die lidmaatskapvorm elektronies invul en aan ons versend.

Kliek hier vir die elektroniese vorm.

Hou tog in gedagte om die Debietordervorm af te laai, te voltooi, te teken en dit aan ons te faks by (012) 991-7595.

No Comments »



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap