Tuisblad » Ons Personeel » Kerkkantoor Personeel

Kerkkantoor Personeel

Die personeel by Valleisig het elkeen ‘n besonderse taak om die gemeente te bedien. Hier kan jy die vriendelike gesigte en verantwoordelikhede sien - en dit is so maklik om ons te kontak by (012) 991-1542.

=====================

Fanie Steyn

FanieFanie is ons Gemeentebestuurder en kom van die koue Harrysmith af. Hy gaan skool in Bergville, Koppies, Parys, Vaalwater, Nystroom en Potgietersrus. By Pretoria-Universiteit kry hy sy Teologie opleiding. Hy werk by Peri-Urban en dien later die gemeentes Soutpansberg, Levubu, Tzaneen en Lux Mundi. In sy vrye tyd kry jy hom besig met fotografie, houtwerk of in die jagveld. Sy vrou, Marietjie, met BA (Bibl) en HOD werk by ‘n ginekoloog. Die 2 seuns is Stefan (28) - sweminstrukteur en Riaan (26) kredietbestuurder. Sy gunsteling dis, is braaivleis. Frustrasie? Ongeordenheid. Wat maak hom opgewonde? As dinge volgens beplanning verloop. Hy sal graag sien dat die gemeente toegerus word volgens elkeen se gawe. Jeremia 29:11.

Johan Henning

Johan is ons Sentrumbestuurder en hy kom van die koue Ladybrand en word geskool in Benoni, in Pretoria by Oost-Eind, affies en Oos-Moot. Hy behaal B-Pol by Unisa. Hy doen diens in die SA Polisie as Kolonel en werk by Krygkor. In sy vrye tyd doen hy houtwerk en besigtig wild. Ronel sorg dat dinge by die huis reg loop. Hul kinders, Heinrich (27) doen gespesialiseerde houtwerk en Marlize (22) is werksaam by ‘n Biokenetikus. Frustrasie? Mense wat stadig voor hom beweeg. Sy plasie en braaivleis en pap gee hom ‘n “kick”. Sy ideaal vir die gemeente? Meer groei! 1 Kor 13.

Magdel Bezuidenhout

Magdel is die Senior Administratiewe Beampte. Sy is gebore en het grootgeword in Randfontein. Daar skoolgegaan en ook haar man, (Phlip) daar ontmoet. Hulle het 3 pragtige seuns (intussen ook skoondogters ryker geword. Cobus en Chantal, Stoffel en Ineke, Marius en Karen asook ‘n kosbare kleinkind, Mikayla - ouma se oogappel. Bederf haar met biltong en droëwors.
Haar grootste frustrasie? As iemand nie sy/haar woord hou nie.
Ps 40 : 9 en Ps 101 : 2

Heléne du Plessis

Heléne is ons Finansiële Beampte. Haar skooldae kom via Empangeni, Durban en Voortrekker in Pietermaritzburg. Daarna studeer sy by RAU/UJ en behaal die graad B.Com-Honneurs. Werkservaring was by ‘n Bank, Infoplan, Medicross en by die NG Sinode van Oos Transvaal. Naaldwerk en voëls-kyk is haar stokperdjies. Haar man Theuns is ‘n Landmeter. Hulle 3 kinders is Jacobie (21), Evert (19) en Estie (15). Haar groot grief is oneerlikheid. Wil jy haar bederf? Hoenderpastei!
Spreuke 3 : 3 - 7 en Joh 15.

Johwilna Krynauw

DeonJohwilna is ons Sekretaresse en sy het haar ogies op Brits oopgemaak. Sy gaan skool in Vosskool, Voorwaars en Brits. By NKP behaal sy haar THOD. Sy werk voorheen by Laerskool Saamspan. Vra jy wat doen sy na-ure? Tennis! Haar man, Mike is ‘n Siviele Ingenieur. Hulle tweeling seuns is Wilhelm en Francois (16 jr) en in Gr. 10 by Menlopark. Braaivleis is haar gunsteling dis en Taxi’s frusteer haar. Sy droom dat die gemeente geestelik toegerus sal word.
Hebr. 13 : 16.

Lizette Erasmus

Lizette is ons nuwe administratiewe dame in die kerkkantoor. Sy is in Bronkhorstspruit gebore, het daar skoolgegaan en het ‘n sekretariële diploma by die Technicon in Pretoria verwerf.
Sy is getroud met Lou Erasmus, Projekbestuurder by Tiger Brands. Hulle het 3 pragtige kinders, Lourens (14 jr), Antoinette (12 jr) en Erenska (9 jr). Vars vis uit die see is haar gunsteling dis. Dit frustreer haar vreeslik as mense nie mooi tussen 2 lyne parkeer nie, of as sy klere langs die wasgoedmandjie moet optel. Haar ideaal vir die gemeente is dat ons almal Jesus se hande en voete moet wees en ons wortels in Hom sal wees sodat ons sal groei en vrugte dra. Jesaja 43 “Ek het jou op jou naam geroep jy is Myne” beteken baie vir haar.

Fransa Calitz
Fransa is ons orreliste. Sprankelend en ‘n ongelooflike passie vir musiek. Sy is getroud met Johan en hulle het 3 seuns, Gerard, Johan en Franco.

Sonri van Weesel
DeonSonri is die Maatskaplike Werkster, wat ons Ringsgemeentes bedien.

Hulp in skoonmaak, sekuriteit en tuisdienste

Johannes Utla


Johannes is ‘n bekende gesig hier by die kerk wat gedurende die week getrou sy takies verrig en ook op Sondae help om ons motors op te pas.

Vakant
Ons beoog om binnekort hierdie pos te vul met nog ‘n persoon om te help met tuinwerk en skoonmaak van die gemeentesentrum

Maria Mtsweni
Deon Maria is al ‘n ou hand hier by Valleisig. Vriendelik en getrou doen sy haar werk.



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap