Jy kyk na » Tuisblad » Ons Personeel » Valleisig Leraars

Valleisig Leraars

Ds. Piet Marais – selnommer 083-259-0023;  e-posadres: piet@valleisig.org.za

DeonPiet is in Standerton gebore. Skool gegaan in Meyerville Laerskool en Standerton Hoërskool. Stellenbosch Universiteit. Lektor in Wellington. Sy stokperdjies is tuinmaak en reis. Sy gunsteling dis is Pasta. Sy frustrasies is vergaderings, maar as goed begin werk, maak dit hom baie opgewonde. Sy ideaal vir die gemeente – waar almal selfstandig geestelik groei. ‘n Teksvers wat vir hom baie beteken is Jes 43 : 1.
Piet bedien ons Senior Burgers. Hy dra hul seer en pyn saam met hulle. Baie lief vir Mosambiek. Het ‘n wonderlike vrou, Hanlé en 2 pragtige dogters, Caréne en Stephané.

Ds. Christo van Rooyen – selnommer 083-422-3000; e-posadres: cvrooyen@valleisig.org.za
Christo kom van die verre Oos-Londen en beweeg noorde toe vir sy skoolopleiding by Zeerust, Meyerspark en Pietermaritzburg. Sy teologie opleiding vind by Universiteit Stellenbosch plaas. Hy dien in Bloubergstrand, Johannesburg middestad, Ermelo en Kilnerpark. Jy sal hom in sy ekstra tyd besig kry met die internet en fotografie. Annelie, sy vrou is ‘n musiekonderwyseres met B.Mus opleiding op Stellenbosch. Theo (24) (is in die musiek en advertensie wêreld), Ilne (19) (student) en Elani (15) (skolier) is hul liefdes. Jy sal Christo vang met hoender en chips, maar nie met pasta nie. Wat frustreer hom? Die verkeer. Positiewe entoesiastiese mense waarmee hy kan kommunikeer is vir hom lekker. Sy ideaal vir die gemeente? Efesiers 3 : 20
No Comments »



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap