Jy kyk na » Tuisblad » Pitkos » DIE MAGNETIESE JESUS

DIE MAGNETIESE JESUS

Op ‘n dag loop Jesus langs die See van Galilea. Twee vissers, Simon Petrus en Andreas, is besig met hul dagtaak – om vis te vang met ‘n werpnet. “Kom hier! Kom saam met My en ek sal julle vissers van mense maak.” So roep Hy ‘n entjie verder ook vir Jakobus en Johannes terwyl hulle ‘n skuit regmaak daar by hul werkplek langs die see.

Naby Mense

Hierdie roeping kom nie uit die bloute nie. Dit was nie die eerste keer wat hulle van Jesus gehoor het nie. Hulle was deel van die skare wat na Jesus geluister het terwyl Hy preek. En hulle is geraak deur die liefde wat Hy uitstraal, en deur Sy magnetiese boodskap. ‘n Eenvoudige boodskap, sonder godsdienstige tierlantyntjies: God wil naby mense wees, Hy is lief vir hulle.

In Jesus sien hulle ‘n God wat omgee – dìt trek hulle.

Jesus Roep

Dit is hoe Jesus vandag nog roep, daar by jou by jou leefplek. Hy roep jou met Wie Hy is. Met Sy liefde en omgee sonder om te veroordeel, en sy passie om jou voluit te laat lewe. Hy vat jou soos jy is en stap die pad deur die lewe saam met jou. En so, gaandeweg, word jy meer soos Hy.

Gebed

Here Jesus, dankie dat u my ken en my roep om saam met U voluit te lewe.

 

Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:DIE MAGNETIESE JESUS digg:DIE MAGNETIESE JESUS spurl:DIE MAGNETIESE JESUS simpy:DIE MAGNETIESE JESUS blinklist:DIE MAGNETIESE JESUS furl:DIE MAGNETIESE JESUS reddit:DIE MAGNETIESE JESUS fark:DIE MAGNETIESE JESUS blogmarks:DIE MAGNETIESE JESUS Y!:DIE MAGNETIESE JESUS smarking:DIE MAGNETIESE JESUS magnolia:DIE MAGNETIESE JESUS


Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by Maroonblog.com | Sitemap