DOEN DIT IN ELK GEVAL
- deur ds. Christo van Rooyen (met erkenning aan die onbekende skrywer)
In Moeder Teresa se kinderhuis in Kalkutta staan die volgende spreuk teen die muur. Dalk een van die geheime van haar besondere lewe?
Mense is dikwels onredelik, onlogies en selfgesentreerd – vergewe hulle in elk geval.
As jy goed doen aan ander, mag dit so wees dat mense jou soms sal beskuldig dat jy dit met bybedoelings doen –
wees in elk geval goed vir ander.
As jy suksesvol is, mag dit soms so wees dat mense met bydoelings vriende met jou sal wees, en dat ander uit jaloesie lelike dinge oor jou sal sê – werk in elk geval hard om sukses te behaal.
Jy mag jare lank aan met goeie bedoelinge bou in die lewe, en iemand kan dit dalk oornag afbreek - bou in elk geval.
As jy geluk en vrede vind, mag mense dalk op jou jaloers wees en jou geluk probeer vernietig – leef in elk geval met vreugde wees gelukkig.
As jy vandag goeie dinge doen, mag mense dit dalk môre of oormôre nie eers meer onthou nie – doen in elk geval goed.
Mense het soms hulp nodig, en tog val hulle jou aan as jy probeer help – wees in elk geval hulpvaardig.
Gee aan die wêreld die beste van jouself, dit mag dalk in sommige se oë minderwaardig of nooit genoeg wees nie – gee in elk geval die beste wat jy kan.
Jy sien, in die laaste instansie is dit alles tussen jou en GOD. Dit was eintlik nóóit tussen jou en hulle nie.
Category for post not found












