Jy kyk na » Tuisblad » Pitkos » PITKOS VIR 18 MAART 2010

PITKOS VIR 18 MAART 2010

Met God as Middelpunt leef ek op diè plek, nou en vandag

deur Coen Slabber
cslabber@absamail.co.za

Die doel van die lewe vir enige gelowige is ʼn persoonlike ontmoeting met God. Dit beteken ons is op ʼn geestelike reis. Maar ons kan nie sommer lukraak te werk gaan om hierdie doel te bereik nie – ons moet hierdie reis doelgerig aanpak.

Johannes Crossan (360 – 435) was ʼn monnik, maar hy het besef dat daar spanning is tussen die lewe binne en buite die klooster. Hy besef dat ʼn lewe van nadenke nie voldoende is nie – daar moet ook doen wees. Hy besef dat ons nie God ten volle kan liefhê sonder dat ons oor Hom nadink nie, maar hy het ook besef dat ek nie my naaste kan liefhê sonder doen nie. Maar waar begin ek? Net daar waar ek is – in my werk, in my gesin, in my gemeente en in my gemeenskap.

Ons is vandag doen mense – dit is net doen, doen, doen. Maar daar is ook ʼn ander soort doen, naamlik om goed te doen. As ek vir ʼn ou persoon lees of vir ʼn arme kos vat, is dit die beginpunt van my lewe saam met God. Doen ek dit?

Maar ek het ook ʼn ander soort lewe nodig – een van stilte en afsondering en nadenke oor God. In die woelinge van my lewe besef ek dat ek afhanklik is van God; dat ek tyd saam met Hom moet deurbring – kwaliteittyd.

Ek leef hier en nou. Maar in hierdie lewe moet ek verseker dat daar ʼn balans is tussen doen en nadenke. Ek moenie kies tussen die twee nie, want beide is noodsaaklik.
Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie (Kolossense 3:23)

Gebed:  Here dankie vir Lewe. Help my om Vandag te Dink en te Doen. Amen


Jy kan 'n boekmerk maak hier:
del.icio.us:PITKOS VIR 18 MAART 2010 digg:PITKOS VIR 18 MAART 2010 spurl:PITKOS VIR 18 MAART 2010 simpy:PITKOS VIR 18 MAART 2010 blinklist:PITKOS VIR 18 MAART 2010 furl:PITKOS VIR 18 MAART 2010 reddit:PITKOS VIR 18 MAART 2010 fark:PITKOS VIR 18 MAART 2010 blogmarks:PITKOS VIR 18 MAART 2010 Y!:PITKOS VIR 18 MAART 2010 smarking:PITKOS VIR 18 MAART 2010 magnolia:PITKOS VIR 18 MAART 2010




Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap