Jy kyk na » Tuisblad » Pitkos » PITKOS VIR 4 MAART 2010

PITKOS VIR 4 MAART 2010

VRYGEWIG MET MY RYKDOM

“En nou julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom.” Jak 5:1

Hierdie is baie relevant met dit wat onlangs en tans in die wêreld gebeur, aardbewings, oorstromings en armoede. Daar word beweer dat 80% van die rykdom deur 20% van die wêreldbevolking besit word, dit beteken 80% van die mensdom is minderbevoorreg as ander. Hierdie is natuurlik nie net waar vir die res van die wêreld nie maar is ook geldig hier op ons voorstoep.

Ek dink dat meeste van ons vandag dankbaar kan wees vir dit wat ons het en dan nog in hierdie ekonomiese toestand het om te gee – 2 Kor. 9:11 sê: “Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees.”
Maar daar is ‘n waarskuwing. In 1Tim 6:17 staan: “Dié wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van die rykdom vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet.” In die samelewing vandag is daar baie om te geniet, die natuur, jou familie en vriende, die saamwees van ‘n gemeente, vir sommiges van ons ‘n werk, ander om ‘n oudag te kan geniet en nog baie meer.

In die proses kan ‘n mens bietjie vergeet. Daar staan in Spr. 19:17: “Wie hom oor ‘n arm mens ontferm, gee ‘n lening aan die Here, en Hy sal hom ten volle vergoed.” Hierdie geld nie net vir die armes nie maar ook vir ongelowiges.
Dus behalwe om fisies kontant te gee, kan ons ook bid vir ons medemens.

Gebed
Dankie Hemelse Vader dat u ons geseën het, help ook asseblief die minderbevoorregtes en dié in nood. Amen.

Wil jy graag terugvoer gee?



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap