Die Here doen alles op die regte tyd, op die regte plek.
In 1996 was ek in ‘n motorongeluk betrokke in die Oos-Kaap. My motor het 10 keer gerol. Ek het in die hospitaal wakker geword en gevra na my motor en die polisie het net gelag en gesê die motor het totaal uitgebrand. Die hospitaal personeel het presies geweet wie ek is sonder dat ek vir hulle gesê het. Ek het die volgende dag uitgestap uit die hospitaal sonder enige probleme. Tot vandag toe weet ek nie wie my lewe gered het nie. Ek glo dit was Engele wat my uitgehaal het uit die voertuig voordat dit uitgebrand het, en dat die Here my lewe so gespaar het vir ‘n spesifieke rede en doel.
Daar is tans 220 000 onderwysers in 28 000 skole deur die land wat aan SADTU behoort. Dit het 10 jaar gevat na my ongeluk om die REGTE groepering mense bymekaar te kry sodat die Here met 40 dae die REGTE gedagtes vir ons kon gee om Sy Woord te versprei.
Ons het tans meer as 1000 Bybels reeds versprei en sal enige fondse vir Bybelverspreiding opreg waardeer. Daar is syfers beskikbaar op die kerk se webtuiste onder Projek Arend Bybelverspreiding.
Die naam van projek spruit voort uit ‘n gebeurtenis een oggend oppad werk toe. Daar was fout met my motor se wiele, en in Lynnwoodweg het ek by die eerste bande plek stilgehou sodat hulle ondersoek kon instel. Die band het so sleg gelyk, dat almal wat daar werk, kom kyk het.
Ek het vir hulle gevra of hulle Bybels wil hê, almal behalwe een het positief geantwoord. Ek het hom gevra hoekom hy nie ‘n Bybel wil hê nie, en sy antwoord was dat hy in elk geval nie kerk toe gaan nie, en dit nie nodig het nie.
Dadelik het Jesaja 40:31 by my opgekom en ek het gesê dat dit seker die rede is waarom hy soos ‘n hoender rondpik en ons ander soos arende sweef. Hy het gesê: “Genuine, is dit hoekom ek so sukkel en swaarkry, in daardie geval, ek is ‘n zulu en bring asseblief dadelik vir my ‘n Bybel.”
Die projek is daarna Arend Bybelverspreiding gedoop omdat ons nie sukkel en rondpik soos hoenders nie, maar sweef soos arende, omdat ons ‘n Hemelse Vader het wat vir ons lewe en liefde gee.
Ek glo dat Hy vir ons ook die befondsing op die regte tyd in die regte hoeveelhede sal gee sodat ons as N.G. Valleisig Gemeente regtig ‘n verskil kan maak in die lewens van baie mense en selfs ons land.
Verduideliking van werking van projek:
Daar sal in die kerk op Sondae name beskikbaar wees om te neem wat soos volg lyk:
|
MBONGWA NKOGATSE SAMUEL MBEBE SHAI |
MNCEDISI PHILLIP MAPHEHLE STANTON DORAH MANNETE MASHIMALE DANIEL |
KWAZULU NATAL MPUMALANGA KWAZULU NATAL KWAZULU NATAL LIMPOPO |
ENGLISH ENGLISH ENGLISH ENGLISH ENGLISH |
BYBELGENOOTSKAPSREKENING
NAAM: ON THE DOT
ABSA BANK
TAK: 632005
REKENINGNOMMER: 450153644
VERWYSING: 0601002855
BEDRAG: R100-00
NAVRAE: Elsie van Tonder [hq@phakama.co.za]
FAKS: (012) 365-2871
Voel asb. vry om enige tyd een te neem. Daar is vyf name op die blaadjie. Indien die Bybel taal daarop verskyn is daar reeds Bybels uitgestuur maar indien die Bybel taal nie verskyn nie moet die Bybels nog uitgestuur word.
Die donasie bedrag vir 5 name is R100.00. Die Bybels kos R17.00 per Bybel en R4.50 vir die posgeld. Die verwysings nommer moet gemeld word op die betaal strokie asb. Die deposito strokies moet asb ook aan (012) 365 2871 gefaks word, sodat ons die fondse kan rekonsilieer met die inbetalings by die Bybelgenootskap.
Ons gaan ook weekliks ‘n Bybelvers of positiewe boodskap uitstuur aan die persone wat reeds Bybels ontvang het om sodoende die Woord lewend te laat word vir hulle. Die Bybelvers is ook op die webtuiste beskikbaar.
Met gebed en smeking en danksegging gaan die ‘n reuse projek wees wat ‘n groot verskil in Suid-Afrika gaan maak.
Dankie vir julle belangstelling, ondersteuning en gebede.
Elsie Van Tonder
Ps. Dankie vir die hande wat toedraai en skenkings van papier en kleefband.
Om die lopende getalle vir Bybels versprei te sien, kliek hier.
Category for post not found












