Jy kyk na » Tuisblad » ValleiPartei

ValleiPartei

Was ‘n Reuse Sukses… DANKIE! DANKIE! DANKIE!

Almal is in Rep en Roer!!!
Ons hou sommer die heel jaar Fees!!!

Dis koekies, poeding, biltong, kaaswors, salami, kerrie en rys en nog vele meer!! Sondae druis dit van opwinding.  Kom kyk en koop.

Almal met groen vingers, hier is potte met potgrond beskikbaar wat jy kan kom haal om ‘n spesiale plantjie uit jou tuin te kweek en vir ons te bring om te verkoop op 29 Augustus 2009!
Sondag 24 Mei word daar heerlike uitvoerlemoene vanaf Marble Hall @ R20 per sakkie verkoop, asook koekies, biltong, droë wors.   Kom kyk, help en skakel in.  Vir meer besonderhede skakel die kerkkantoor by 012-991-1542.

Druiwe vanaf die Kaap is verkoop. Dit was ‘n fees.
Koekies, ook van die Kaap af word hier by ons verkoop.
Valleisig vier hierdie jaar haar 20 ste bestaansjaar.  Ons bied heerlike Merlot wyn teen ‘n donasie van R79 per bottel aan. Skakel en kom kry…

Kom bied jou hulp aan. Skakel sommer NOU die kerkkantoor by by 012-991-1542.

Heerlike tuisgemaakte Poedings word Sondae deur ‘n span flukse ValleiPoeding-dames verkoop. Ondersteun hulle wanneer hulle Sondae gereed staan met tuisgemaakte poedings, net soos Ouma s’n.  Bied ook jou hulp aan of bring asb. jellie, vla, kondensmelk, tennis beskuitjies of enigiets wat jy aan kan dink vir die maak van poedings.  Sita Maarschalk neem die leiding by die ValleiPoedings en sy kan gekontak word by tel. 012-991-2305 Baie dankie!

No Comments »



Kliek hier om al die adverteerders te sien

Designed by HostingInSA.co.za | Sitemap