
Dissipeskap begin hier.
Ons is lief vir jou, welkom tuis, kos is op die tafel!
Sien jou Sondag 9uur.
Welkom tuis! Valleisig kom Sondae 9uur op die hoek van Tipperary & Mayo in Faerie Glen bymekaar. Dissipelskap-groepe (Graad R-11) is direk na die diens.

Dissipelskap
Ons glo ons moet Jesus volg en soos Hy lewe. Ons doen ‘training’ vir hierdie leefstyl sodat ons Jesus se liefde kan leef. Ons is lief vir jou.
Julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. — Johannes 13:34

Is jy nuut?
Ons hoop dat jy by Valleisig ‘n geloofstuiste sal vind. Word deel van die familie en skakel by ‘n dissipelskap-groep in waar jy saam met ander kan groei. Leef kerk deur jou tyd en energie te gee en by een van Valleisig se lewe vir die stad-bedieninge betrokke te raak. En moenie die fees-geleenthede misloop nie!
Verhoudings
Ons glo Jesus het ons vir mekaar gegee. Ons maak ruimte vir mekaar en vir ander. Welkom tuis!
Kom na My toe, almal wat moeg is, en ek sal julle rus gee. — Matteus 11:28

Dagboek die datum
Dagboek die belangrike datums vir feesvier en geloofsgroei. As jy meer inligting oor enige van die gebeure wil hê, stuur vir ons ‘n boodskap.

Feesvier
Ons glo Jesus gee vir ons die lewe in oorvloed. Ons skep geleenthede om dit saam te vier. Kos is op die tafel!
Ek is die brood wat lewe gee. — Johannes 6:48
Om vry te gee
Gereelde bydraes is ‘n belangrike geloofsgewoonte. Luister na Valleisig se vrygee beleid hier:

EFT
Gee vry deur ‘n eenmalige elektroniese oorbetaling of stel jou bankdienste vir ‘n maandelikse bydrae.

SnapScan
Gee vry deur die SnapScan QR-kode hierbo of volg die SnapScan link hieronder.

Debietorder
Gee vry deur ‘n debietordervorm in te vul. Kry die vorm hier of maak ‘n draai by die kerkkantoor.

Gestuur
Ons glo Jesus stuur ons na die wêreld. Ons is Jesus se hande en voete. Wees die wonderwerk en lewe vir die stad.
Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. — Johannes 20:21