Ek is nuut!

Welkom by Valleisig. Ons is opgewonde om die Valleisig-familie uit te brei! Hier is ‘n paar maniere waarop jy kan inskakel en meer oor ons kan leer:

Volg ons aanlyn

Valleisig is aktief op verskeie sosiale media platforms, waar ons inspirasie, insigte en gesprekke deel oor geloof, gesin, finansies en die lewe in die algemeen. Ons nooi jou uit om deel te wees van ons groeiende gemeenskap deur ons bladsye te like, ons inhoud te volg, jou gedagtes in die kommentaar te deel, en ons boodskappe met ander te deel.

Kom sê “hallo” op ‘n Sondag

Ons wil jou graag persoonlik ontmoet. Woon gerus ‘n erediens by en drink ‘n koppie koffie na die tyd. As jy meer wil weet oor Valleisig se geloofsreis, kan jy vir ons jou kontakbesonderhede gee. Sien jou Sondag 9uur!

Ons wil kom kuier

Wanneer jy gereed is om deel van Valleisig se geloofsreis te word, sal ons graag by jou ook wil kom draai — ’n kans om mekaar beter te leer ken, vrae te vra en saam te gesels oor geloof en die pad vorentoe.

Kom reis saam!