Dalk het jy al gewonder of jy regtig ’n verskil kan maak. Ons glo jy kan — jy is dalk die antwoord op iemand anders se gebed. “Wees die wonderwerk” is ’n uitnodiging om jou tyd, jou gawes en jou hulpbronne beskikbaar te stel wanneer die Here dit op jou hart lê. Soms is dit ’n luisterende oor, ’n warm bord kos, ’n finansiële bydrae of ’n spesifieke vaardigheid wat jy het — elkeen van hierdie kan ’n lewenslyn wees vir iemand wat op daardie oomblik ’n wonderwerk nodig het. Ons droom van ’n stad waar mense vir mekaar omgee, waar ons nie net in die stad woon nie, maar vir die stad leef — as draers van hoop, lig en liefde. As jy voel dat God jou roep om betrokke te raak, volg daardie stem. Jy weet nooit watter groot dinge Hy deur jou eenvoudige gehoorsaamheid wil doen nie.
Kontak ons en wees Jesus se hande en voete, wees die wonderwerk!