Ek is nuut

 "Ek het my met hart en siel gewy aan u saak, Here"


In 1 Konings 19:9 vra God vir die profeet hierdie vraag:  Hoekom is jy hier?  
Hierdie vraag is 'n vraag oor plek, maar dit gaan ook dieper as dit, dit vra:
'wat het jou hier gebring?'  
'wat het gemaak dat jy nou hier is?'

So, kom ek vertel jou hoe Valleisig daardie vraag van God antwoord...
Ons is hier omdat ons Jesus volg.
Ons is hier omdat ons deel het aan God se groot werk van liefde.  Om die armes te dien, om die wat in nood is te help, om te luister na die uitroep van die wat onderdruk word.  

Ons is kinderlik opgewonde oor hierdie reis
omdat dit gevul word met wonder en  verrassings.

Hoekom is jy hier?

Wat om te verwag...

die familie

Ons by Valleisig gemeente verwelkom almal.  As volgelinge van Jesus Christus glo ons dat Sy genade genoeg is vir elkeen van ons, maak nie saak wat jou storie, jou seerkry of jou sonde is nie.  Jesus nooi ons in Sy kerk in om heel te word, om deel te word en om vergewe te word.  Ons verwelkom jou soos wat die Vader die verlore seun verwelkom: Geen kategorieë, geen labels, geen kriteria.  

musiek

Soos koffie en kondensmelk, is ons gemeentesang.  Ons is opgewonde oor die nuwe liedere waarmee ons die Here kan loof en ons is nostalgies dankbaar vir die ou bekendes,  Afrikaans en Engels. Ons word begelei deur ons toegewyde musiek-bedieningspan onder leiding van Daniel van Niekerk.

kinders

In Valleisig gemeente is kinders nie net welkom nie, hulle is eregaste.  Die geloofsonderrig en vorming van kinders is vir ons ongelooflik belangrik.  As ons hulle nie opgewonde maak oor ons manier van leef as gelowiges nie, is ons manier van leef, een generasie weg van uitsterf.
As jy kinders het, daar is kinderkerk tydens die diens en kleingroep vir die res van die jongmense na die diens.
As jy nie kinders het nie, ons vra vir die verdraagsaamheid en geduld waarmee ons Vader ons as Sy kinders duld.

sondae

'n Tipiese diens is 'n uur lank (afhangende van Predikant). Kom stel ons gasvryheid op die proef! Kom daag ons  oor 'n koffie uit om groter 'Jesus-harte' te groei en om te luister na jou stories, jou vrae, jou hart.  

drag

Trek gemaklik aan - ons hou van jou nes jy is - kortbroek of das & pak. Jy is welkom soos jy gemaklik is.

JY

God het jou geroep om deel te wees van Sy werk, van Sy kerk.  Wat is dit waarvoor Hy jou gekies het?  Watter groei moet jy ervaar?  Watter geduld of liefde of hoop moet by jou groei?  Watter ongemak gaan deel vorm van jou geestelike groei?

Ons kom hier bymekaar.

Valleisig Gemeente

Sondae-oggende 9:00 vir 'n erediens


Aanlyn

Skakel in vir HuisKerk op 'n Sondag-oggend 09:00
Like | Follow | Subscribe

Kontak ons!

Ons wil graag van jou hoor.  Vul hierdie vorm in om ons te kontak.