Valleisig Gemeente

Baie dankie vir u belangstelling en ondersteuning. Miskien wil u ook sommer nou inskryf vir ons weeklikse Pitkos.
Valleisig Eredienste
Sondag 5 September 2010
08:00 en 10:00
Prediker:Â Ds. Piet Marais
Tema:Â Die haan wat op die kerktoring staan
Teks:Â Johannes 7:37-39
18:30 Polsslag
Prediker:Â Ds. Piet Marais
Tema:Â Opsoek na God (2)
Is jy in die Regte Rat vir 2010?
Beweeg jy, of bly jy op een plek staan? Jesus sê: “Omdat God so baie vir ons omgee, sorg Hy dat ons almal elke dag kan leef en rondbeweeg!” Ons is nie gemaak om stil te staan nie.
“Moenie ‘n enkele oomblik agteroorsit nie. Sorg dat julle geloof in Christus elke dag sterker word.
Gaan so te werk:
- Span julle in om altyd net die regte dinge te doen.
- Saam met hierdie ywer moet julle ook kennis hê. Sorg dat julle die Here goed ken.
- Saam met kennis gaan selfbeheersing. Moenie toelaat dat sondige begeertes julle ooit onderkry nie.
- Saam met selfbeheersing gaan standvastigheid. Hou aan glo. Staan sterk!
- Saam met Standvastigheid gaan ‘n lewe wat God verheerlik. Mag God se Naam groot in alles wat julle doen.
- Saam met liefde vir ander gelowiges gaan liefde vir alle ander mense. Gee regtig om vir almal met wie julle elke dag te doen kry.”
2 Petrus 1 : 5
Goeie Nuus“God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”
|