Jou kind is vir ons baie belangrik.
Matthew 19:14
Jesus self sê dat kinders die beste kans moet kry sodat hulle Hom kan volg. By Valleisig wil ons graag ouers ondersteun met hierdie groot taak om jong gelowiges groot te maak.
Kategesemateriaal
Valleisg gebruik die Odos-reeks. Hieronder kan die aanbiedersgidse afgelaai word. Dit is vir ouers en jeugleiers se gebruik. Kinders se boeke kan by die kerkkantoor aangekoop word.
- Graad 1 = Odos 1
- Graad 2 = Odos 2
- Graad 3 = Odos 3
- Graad 4 = Odos 4
- Graad 5 = Odos 5
- Graad 6 = Odos 6
- Graad 7 = Odos 7
- Graad 8-11 = Odos 8
- Graad 12 gebruik Valleisig se materiaal.
Sondae-oggende
09:00
Valleisig het Sondae 09:00 'n erediens, tans is dit aanlyn (HuisKerk), in-persoon eredienste sal hervat soos maatreëls dit toelaat.
10:00
Kleingroepe (kategese) is Sondae direk na die erediens. Tans sal kinders en ouers by die huis aangaan met kategese (somminge grade sal aangaan met kleingroepe via Zoom) en ons sal ouers in kennis stel wanneer dit weer in-persoon sal wees.